01 July 2009

Christ the Skateboarder

Hi Julle,

Gaan kyk gerus na hierdie blog. Baie lekker waarheid soos net Elmer dit kan se, so mooi!!


http://christtheskateboarder.blogspot.com

23 June 2009

Waarde

Ek is die laaste paar weke regtig gekonfronteer met 'n paar lekker dinge. Onderwerpe wat maak dat jy weer jou hart ondersoek....
Die lekker van die goeie nuus is dat dit goed bly, en nooit verander nie. Dit hoef nie elke week/maand met 'n nuwe openbaring of seisoen te kom om my opgewonde te hou nie. Die voluit daarvan en die impak op my lewe breek nog stukkie vir stukkie deur. Paulus praat van genade op genade.
Daar is obviously geen groter genade as dit wat Christus vir die mens kom doen het, en gratis vir ons voorhou nie. Maar groter genade is as dit meer en meer invloed op my daaglikse lewe het, en ek 'n groter manifistasie van Hom in my lewe sien.

Ek het weer bewus geword daarvan dat my waarde verseker nie bepaal word deur enige iets anders as Sy opinie oor my nie!!!!! My "goeie" dae, met sy goeie werkies beindruk hom nie.
Isa 64:6 and all our righteousnesses are as filthy rags;

Jy sien, ons beste pogings om ons stand of waardigheid te te 'verbeter' voor God is nie goed genoeg nie......... Nie omdat God spitefull is nie, net omdat jy reeds rein en heilig voor Hom staan

Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

My foute kan weer aan die ander kant, nooit weer skeiding bring tussen my en God nie. Hy is uitgemaak oor my, sy opinie oor my is vas. Ek is ingesluit in Sy Seun, die volheid van die Godheid woon in my liggaamlik. Hy het geword wat ek was sodat ek kan wees wat Hy is!!!

My uitkyk en denkwyse oor wat reg en verkeerd is mag nou maar vir eens en vir altyd die trekpas kry. In my intieme wandel met Hom gaan dit nie oor die boom van die kennis van goed en kwaad nie.Dis nie my fokus nie. Dit gaan oor lewe en oorvloed. In die tuin moedig Hy vir Adam hulle aan om nie die boom van kennis van goed en kwaad te bestudeer nie, maar die boom van die lewe.
Ons is hier om allereers die koningkryk van God te soek al die ander dinge is reeds bygevoeg. My fokus kan nou een wees van heerlikheid,dit wat daarbo is en nie dit op die aarde nie. As ek in die spieel kyk sien ek nie meer die tekortkominge en minderwaardigheid nie. Ek sien ook nie trots en 'n well done nie.Ek sien Jesus en word verander na dieselfde beeld.
Soos ek iemand hoor se in die laaste week, ons kan maar vir mekaar se julle kan maar doen wat julle wil. Ons sal verbaas oor wat ons doen............
Ons fokus op die reg en verkeerd laat ons uitmis op die heerlikheid deur net te wandel in Sy teenwoordigheid, met gedagtes wat Sy gedagtes is, en dan in elk geval die regte dinge te doen.

Moenie die krag van God in jou onderskat nie,ook nie die geloof wat God in jou het nie. Jy is meer werd as wat jy dink en waaraan jy jouself meet. Geen aardse poging of entiteit kan jou waarde bepaal nie.
Jy is Syne!!!!

28 May 2009

Vrede

Ek is deel van 'n groep op Facebook naamlik " Die genade-brigade". Die meisie wat die groep begin het stuur daagliks stukkies uit wat my regtig seen. Sy snap iets van God se karakter en hart van die mens wat baie aansluitmet dit wat op my hart is. Daar om neem ek vrymoedigheid om vandag se stukkie met julle te deel.......

Vrede is iets wat in jou ontstaan wanneer jy ‘n openbaring kry van God se karakter. God openbaar sy karakter aan ons deur Christus se kruisdood. Hoe groter jou openbaring van wie jy in Christus is, hoe meer vrede word in jou bewerk. Ons het almal ‘n sekere persepsie van God. Elkeen se persepsie word deur verskillende faktore gevorm. Dit varieer van jou pa-figuur tot kerk tot mense, noem maar op. Die lewe het vir elkeen van ons ‘n bril opgesit waardeur ons die lewe aanskou. Ons is nie altyd bewus daarvan nie, daarom dat ons ‘n prentjie van God kan vorm wat nie noodwendig die waarheid is nie. Indien jy God deur ‘n bril van verwerping sou sien, sal jy mos nooit oortuig wees van God se aanvaarding nie. Of as jy ‘n bril van rigiede godsdiens op het sal jy nooit die vrymoedigheid hê om vir ‘n kopseer te bid nie. As jy ‘n bril van wantroue dra omdat jy soveel keer teleurgestel is sal jy God nooit werklik kan vertrou nie. GELUKKIG HET GOD AAN ONS DIE VERMOë GEGEE OM ONS PERSEPSIES TE VERANDER. (Jy het nie nodig om nou-nog vir jou ouers se foute te betaal nie)Vrede begin absoluut by die wete dat God te-“vrede” is met jou. Christus het reeds aan al die vereistes voldoen waaraan ek en jy moet voldoen. Jy is REEDS vir Hom aanneemlik. Om heilig te probeerl lewe gaan jou nie nog meer aanneemlik maak vir God nie, al dink ons so en al hoor ons dit in baie kerke. ‘n Heilige lewe sal deel word van jou sodra jy ‘n openbaring kry van God se karakter.Hierdie wete vorm ‘n pertinente persepsie van God se karakter in jou verwysingsraamwerk. Die vertroue wat jy in God se karakter het gee aan jou die vrede van God. God se vrede kan dus bewerk word deur die karakter van God te bestudeer en daarop te mediteer totdat jy daarvan oortuig is. Dan sal jy skielik ontdek dat God se vrede jou hart en jou sinne bewaar.

09 April 2009

Ietsie om aan te dink die lang naweek!!


God het nie gekom om die wêreld te verlos omdat Hy ons jammer gekry het nie, HY HET GEKOM OM SY EIE BEELD EN GELYKENIS TE VERLOS IN ONS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Hy het gekom sodat Christus in ons gestalte kan kry en die seuns van God geopenbaar kan word aan die nasies. Jy is nie iets wat jammer gekry moet word nie en God was nog nooit skaam vir die mens en asl sy dinge nie. Jy is in Sy beeld en gelykenis geskape. Jy het saam met Hom gesterf en saam met Hom opgestaan.


Moenie in die strik val om jouself jammer te kry of te kla oor jou omstandighede nie. Jy is meer werk as enige salaris tjek of kompliment. Jy is reeds meer werd as wat jou beste poging of prestasie kan byvoeg by wie jy is....... Jou "kruis wat jy dra" is nie jou siekte of jou man of vrou of omstandighede nie. Jou kruis wat jy dra is om jou saam met Hom, in Hom te sien.
Christus is in jou!!!
Kyk in die spieël en sien wie jy werklik is.
Ek wil dit weer sê: God het nie gekom om die wêreld te verlos omdat Hy ons jammer gekry het nie, HY HET GEKOM OM SY EIE BEELD EN GELYKENIS TE VERLOS IN ONS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Lekker langnaweek

23 March 2009

AL TE LEKKER KAMP
DATUM: 15-17 Mei 2009

PLEK:
  • Al te lekker Jeug Kampterrein

    KOSTES:

    R300 per persoon: Verblyf en etes

    R260 per persoon: Jy gaan bywoon maar nie slaap nie


    BANKBESONDERHEDE:

    Altelekker Jeug Kampterrein

    FNB Centurion

    Takkode: 261550

    Rek.No: 62049012256


    Faks Bewys van betaling: 0865475789


    VERWYSING: Jou naam + AJK1360


    KUIERGAS: Jan Brand


  • Bring eie beddegoed en eetgerei
  • Padkaart en program sal volg


Esg 36:23b .... en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.











14 January 2009

Jesus aan die mens vs Jesus in die mens

'n Nuwe jaar... Ek hoop dat hierdie jaar vir ons elkeen een sal wees wat ons onbewus sal wees van al die "dinge" en meer bewus sal wees van Hom in ons!!

Ek glo dat Jesus Homself in die mens wil openbaar aan die wereld. Jy sien, daar is 'n verskil om Jesus aan die mense te verkondig vs Jesus in die mense.

Vir die afgelope paar eeue probeer ons Jesus aan die mense verkondig. Jesus die man wat vir ons sondes aan die kruis kom sterf het. Jy kan deur om Hom aan te neem, deel word van die baie eksklusiewe groepie wat hulself Christene noem, en wat eendag hemel toe gaan. Ons gee met hierdie senario vir mense 'n "pie in the skie".... ons weet dis sleg hier op aarde,maar eendag sal dit met ons beter gaan,eendag sal al hierdie aardse verdrukkinge iets van die verlede wees. Maak net seker dat jy jou ticket het, probeer heilig leef al is jy 'n sondaar en byt vas my maat!!!!!!

Paulus se egter die volgende:
Col 1:26-28 the secret that hath been hid from the ages and from the generations, but now was manifested to his saints, (27) to whom God did will to make known what is the riches of the glory of this secret among the nations--which is Christ in you, the hope of the glory, (28) whom we proclaim, warning every man, and teaching every man, in all wisdom, that we may present every man perfect in Christ Jesus,


Christus in ons is die verborgenheid van die eeue. En ons werk, om elke mens perfek in Christus Jesus voor te stel.
Om Jesus in die mense te openbaar en te verkondig, is heeltemal iets anders as hier Jesus aan die mense. Nou kan jy iemand benader met Goeie Nuus. Jy is okay in God se oe, Hy het sonde geword sodat jy kan wees wat Hy is(2 KOr 5:21)
Hy het vir eens en altyd afgehandel met sonde en dink nie meer daaraan nie. Sy offer was volmaak, en jou goeie of slegte werke kan dit nie verander nie.
Sy begeerte is om woning te maak in die mens. Die volheid van Hom woon in ons. Die prys is vir ALMAL betaal.
Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jy is voor die grondlegging van die aarde reeds deel van Sy volmaakte plan,Hy het oor jou gedroom lank voor jy hier was.

Hy het dit alles gedoen sodat Sy volmaakte Koningkryk NOU op die aarde kan heers.
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Dis nie 'n uitgestelde hoop wat die hart siek maak nie, dis 'n NOU woord. Christus is nou in ons, en ons kan hierdie goeie nuus, dat Jesus Homself met die wereld kom versoen het deel.
Dit bekragtig mense om in hierdie lewe te heers,om nou te sien: die goedertierenheid van die Here. Nie eendag in die hemel nie nou!!

Ons was nie geskape vir die hemel nie, maar vir die aarde. Ons is hier as ambassadeurs van die KONING. Ons is sy verteenwoordiging op aarde, en Jesus was eerste. Jesus was nie 'n voorbeeld vir die mens nie, maar 'n voorbeeld van die mens!!! Ons kan hier wees soos Hy hier was en nog meer:
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Gaan geniet HOm in jou en streef om elke mens wat oor jou pad kom in Hom te sien, en te bekragtig met hierdie gedagte.

28 October 2008

My eerste Metode

Ek is die heel laaste persoon wat ooit 'n metode "preek"!! Daar is net te veel : "5 stappe tot vrede", "10 stappe tot verhouding met God" daar buite wat klink soos 'n "get rich quick scheme" en wat meeste van die tyd nie vir almal in elke situasie werk nie.
Ek is versigtig om vir iemand te se maak sis of so en dan is alles reg........

Ek wil egter vandag my heel eerste "metode" deel. Iets wat baie meer as 'n metode is, maar 'n leefwyse.

Ons praat om prakties die koningkryk van God te lewe.
Jy sien, Jesus se die volgende: Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Ons het nie genoeg tyd in een dag om die koningkryk van God EN al die ander dinge te soek nie. In een van die vorige blogs het ek in detail bespreek wat al hierdie dinge is.

Dit is al die dinge wat oor my behoeftes gaan. Oorlewing om dit in een woord te probeer opsom. Hy se egter soek MY en al hierdie ander goed wat vir jou so belangrik is, wat jou oorlewing behels, is vir jou bygevoeg. Alreeds!!!!!!!!

Ek kan nie bekostig om my gedagtes daagliks te vul met my vrese, behoeftes, tekortkominge ens nie. As ons waarlik in oorwinning wil leef is daar 'n paar ander beginsels wat in werking vir ons moet tree......

Eerstens net om weer vas te maak, het ons gese dat Soek die koningkryk is Sy behoeftes!! Dit gaan oor Hom, intimiteit met Hom.

Nou my denke:


Mat 6:22-25 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?


As ek reg kyk, my oog op Hom hou, is die hele liggaam reg. Mammon is my behoeftes. Ek kan nie 2 here dien nie, nie Sy behoeftes en my behoeftes nie. In een dag is nie genoeg tyd om Hom en die ander dinge te soek nie. Kwel jou dus nie oor jou lewe nie!!

Kol 3:1-2 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Hierdie skrif spreek letterlik vir homself, bedink dit wat daarbo is!!

2 Kor 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

2 Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

Prakties werk dit dan nou as volg vir my:

2 Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; (4) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, (5) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,


Sodra die gedagtes rakende my behoeftes opkom in my denke, kies ek om dadelik dit te vervang met gedagtes oor God.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.


DIT WERK REGTIG!!!!!! Sodra ek my verwronge gedagtes inruil vir gedagtes van vrede, hoop, Sy lieflikheid en Sy hart oor my, verander my gemoed.

Prakties soek en eers dan die koningkryk en al die ander dinge word bygevoeg!!!!

Dit is so eenvoudig soos dit, so Heerlik soos dit.

Probeer dit gerus die week en smaak en sien dat Hy goed is!!


2 Kor 4:6-10 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. (7) Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. (8) In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; (9) vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. (10) Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.