06 March 2008

Vanwaar bid jy???

Ek het aan die einde van laas jaar gedeel oor ons identiteit in Christus. Ek dink ons kan nou almal saam stem oor die feit dat ons 'n posisie in Christus het. Deur die werk aan die kruis is ons deur geloof en Sy genade in Christus!!!
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
1Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Eks 33:18-23 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. (19) Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (20) Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. (21) Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. (22) En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. (23) En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie

Paulus gaan so ver om te se dat in Christus ons nou saam met Hom in die hemele is.
Ef 2:4-6 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Jy sien, jy kan nooit vergeet van waar jou burgerskap is nie
Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

Joh 17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

Ons wandel egter elke nog "in" hierdie wereld al is ons nie van hom nie. Daarom se Paulus, bedink die dinge wat daarbo is omdat ons lewens in Hom verborge is
Kol 3:1-3 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. (3) Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

Waarby ek vandag by wil uitkom is die feit dat ons so saam met Hom in hemelse plekke sit, ook as dit by ons gebed kom. Ons verlaat nie gou die posisie om te bid nie.Klim gou af aarde toe, en kla en smeek van hier onder af. Ons het vrymoedigheid tot 24uur toegang tot die troonkamer!!!! Ek wil jou uitdaag om die volgende te beoefen en te bedink.

Jy het nie meer nodig om na die troonkamer toe te bid nie, maar vanuit die troonkamer!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek kan net getuig vanuit my hele lewe en vanuit my hart!!!!Dit verander jou hele fokus, jou hele intimiteit met Hom. Jy kom in situasie dat jy jouself ervaar waar jy langs God sit, en afkyk en sien hou klein jou probleme en tekorte is. Hoe groot Hy is. Jy bedink dit wat daarbo is, soek allereers die koningkryk van God en al die res.........

Geniet die volgende week in die troonkamer, en onthou om nie vir jou gesprekke met God daaruit te kom nie!!

Baie seen en liefde!!