Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Weereens die ou bekende skriffie wat ons almal hardop kan se........
Maar hierdie keer is daar iets anders wat uitstaan. Ek is so 3 weke terug uitgedaag oor wat mammon regtig is. Die antwoord in my kop was dadelik geld, liefde vir geld, goeters ens.....
Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Ek sal terug kom na hierdie punt toe.
Eers moet ons vir onsself afvra wat Koninkryk is? Dit is SY behoeftes, SY begeertes en dit is TYD MET DIE VADER. Verhouding met die mens, intimiteit met jou en my, is wat Hy begeer. Hieruit spruit die vrug en sodoende die effek op die mense om my.
Jesus maak 'n stelling in Matt 6:33 dat ons eers die koninkryk moet soek omdat ek glo Hy weet dat die mens in een dag / 24 uur, nie die koninkryk en al hierdie dinge kan soek nie.
Wat is "al hierdie dinge"?
Wat jy sal eet, aantrek, waar jy gaan bly, jou beskerming, genesing, voorsiening - JOU OORLEWING!! Al die dinge wat oor jou gaan!!
Ons weet deur ons verhouding met Hom, dat "al hierdie dinge" Sy hart is, Hy wil dit vir ons he, en daarom se Hy dat "al hierdie dinge" vir ons bygevoeg sal word........
MAAR NOU, om terug te kom na mammon; is dit nie maar al hierdie dinge wat oor my gaan nie???!!!
Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Mat 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
v 24 se julle kan nie God en mammon dien nie,DAAROM moenie julle nie kwel oor julle lewe!!!!
Ek kan nie die koninkryk soek en my kwel oor my lewe nie. Ek kan nie die koninkryk soek en "al hierdie dinge" nie!!!!!!!
Ek kan nie God en mammon dien nie!!!!!!!
Ons moet EERS die koninkryk soek, eers tyd met Hom maak, waarlik intimiteit met Hom smaak. Dan sal al die dinge in elk geval vir ons bygevoeg word. Natuurlik wil Hy ons beskerm, genees, onderhou ens. Dit is Sy hart vir ons en dit het nog nooit verander nie.
Hy het net nog nooit bedoel dat ons "die dinge" moet najaag nie.
Sy droom was nog van die begin af dat ons Hom sal soek!!!!!!!!!
My begeerte is om soveel tyd as moontlik met Hom te spandeer, om my gedagtes een met Sy gedagtes te maak. Om te sien soos Hy sien, droom soos Hy droom. Om net saam met Hom te wees, by Hom te sit............
Dit is ook my begeerte vir jou!!
30 July 2008
23 July 2008
Loftus vir Jesus

WOW, WOW!!!!
Wat 'n tyd waarin ons leef. Ek is so opgewonde om deel te wees van wat gebeur huidiglik in ons land en eintlik wereldwyd.God is BAIE grooter as wat ons dink. Dit wat Hy doen is BAIE grooter as dit wat ons kan bedink of droom.
Ef 3:20-21 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, (21) aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
Dit was ook die boodskap wat die dag gedeel is. Die dag het baie duidelik oor baie meer gegaan as Angus Bachan, Retief Burger, Louis Britz en Juanita du Plessis. Dis nie hulle wat 70 000 mense gelok het nie.... Dit was 70 000 honger vir Jesus mense!!!! Vir Sy teenwoordigheid, vir intimiteit met Hom en om te sien hoe Hy droom oor SA. Dis in elk geval hoekom ek daar was...
En as Loftus meer mens kon vat, sou daar meer gewees het!!!!!
Dit was so lekker om te sien hoe ons in eenheid kan wees met een doel / fokus voor oe en dis Jesus.
My hart is so opgewonde oor dit wat in die liggaam se hart begin brand. Dat dit ook tel vir SA. Ons is lankal verby die punt om te kla, om krities te wees, om negatiewe uitsprake te maak. Ons is dan, deel van die probleem.
Dis tyd vir die kinders van die Here om op te staan en hul gesag op te neem!!!! Te begin heers... Die verandering waarna almal smag, gaan nie kom deur die politiek nie, maar deur ons. Die herlewing gaan kom deur die huisgesin en nie die parlement nie soos Angus tereg gese het. Hou op om krities te wees oor politieke besluite en omstandighede in ons land en kry jou huis in orde!!!!
Ons is regtig nou in 'n tyd waar ons moet wandel in die geloof en nie die aanskouiing nie!!! Ons kan nie bekostig om ons ore uit te leen vir die nuus en negatiewe gesprekke nie. Ons kan nou net ons oe op Hom hou, vas staan op die Rots en juig vir die oorwinning wat Hy behaal.

09 July 2008
You are loved
Woorde van baie bekende liedjie wat my so seen hierdie week. (Dis asof God dit vir my sing.) Hoop dit raak jou hart net soos myne....
Natuurlik nog beter as jy dit kliphard luister!!!!
Don't give up
It's just the weight of the world
When your heart's heavy I...
I will lift it for you
Don't give up
Because you want to be heard
If silence keeps youI...
I will break it for you
Everybody wants to be understood
Well I can hear you
Everybody wants to be loved
Don't give up
Because you are loved
Don't give up
It's just the hurt that you hide
When you're lost insideI...
I will be there to find you
Don't give up
Because you want to burn bright
If darkness blinds youI...
I will shine to guide you
Everybody wants to be understood
Well I can hear you
Everybody wants to be loved
Don't give up
Because you are loved
You are loved
Don't give up
It's just the weight of the world
Don't give up
Every one needs to be heard
You are loved
-Josh Groban-
01 July 2008
Lyding......
Ek spandeer nou al die laaste paar dae tyd aan hierdie onderwerp van lyding, om my gedagtes te orden en te weet dat dit wat ek hieroor te se het, in is lyn met die waarheid in my hart en die karakter van God.
Jy sien baie mense is oortuig dat ons nog in die vlees moet ly, soos Jesus, om gelukkiger, meer geseend en heiliger te wees. Ek kan maar net my hart deel en dan moet jy self die woord ondersoek en Hom vra om hierdie vir jou te openbaar.
Ek sien dit egter as volg: JESUS het reeds EEN maal gely VIR ONS!! Klaar afgehandel. Net soos siekte, tekorte, vloeke ens aan die kruis uitgedelg is,net so is die volkome lyding gedra en is dit my deel.
1Pet 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
1Pet 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
Toe ek hierdie volgende skrif gelees het, het ek 'n A-Ha oomblik gehad.
1Pet 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
1Pet 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
1Pet 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
1Pet 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
Wapen jou met dieselfde gedagte......ons interpreteer hierdie deel dat ek soos Jesus ook in die vlees moet ly. Die gedagte waarmee ek my egter moet wapen is dat Christus vir my na die vlees gely het. Reeds, klaar vir my, sonder my!!
Ek moet so een word met Sy lyding vir my, met die volkome werk wat Hy vir my gedoen het, dat ek "die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God."
As ek lyding sien as my bydrae tot Sy volkome werk mis ek mos die merk. Ek dink in elk geval dat geen lyding wat ek en jy op hierdie aarde kan dra uit ons eie,genoeg sal kan wees nie. Ons is afhanklik van Hom. Ek moet my deel maak aan Sy dode en opstanding.
Ons uiterlike mens vergaan in elk geval daagliks, maar dit is binne wat ons van heerlikheid tot heerlikheid groei. Ons oog is op die onsigbare en nie die sigbare nie...
2 Kor 4:14-18 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel. (15) Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God. (16) Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. (17) Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; (18) omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Wat na my mening vir ons in hierdie lewe oorbly is die aflegging van die vlees, om onsself dood tereken vir die begeerlikhede van die vlees. As dit is wat jy lyding noem, dan is ons een van hart.
Rom 6:7-13 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (10) Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. (11) So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. (12) Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (13) En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Rom 8:17-18 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Ek is so een met Hom dat ek saam met Hom gely het, klaar, volkome!!
Die ander "lyding" is dit wat die vyand oor ons pad bring..
1Pet 5:8-9 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Hierin kan ons met sekerheid weet dat God aan ons kant is!!!
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Maar self met hierdie slegte omstandighede wat oor ons pad kom is ons meer as oorwinnaars!!!!
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Subscribe to:
Posts (Atom)