31 August 2009

Opregte pogings...

Ek is besig met'n boek wat ek verskriklik geniet en regtig kan aanbeveel. Dis "The naked gospel" deur Andrew Farley. Jy kan dit gratis van die internet aflaai.
Elk geval, hy het iets genoem wat my nou al 'n paar dae laat wonder het, en net weer laat besef het dat ek nie kan bydra by Sy werk nie.

Lees gou weer deur die deel waar Eva in die tuin verlei word....

Gen 3:1-6 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? (2) En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, (3) maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. (4) Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; (5) maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. (6) Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

Altyd as ek hierdie stukkie hoor, dan dink ek hoe stupid Adam en Eva was om met alles wat hulle gehad het, die verkeerde besluit te neem.
Ek het nooit gedink dat hierdie dalk vir Eva na 'n goeie opsie gelyk het, en dat dit vir haar die opregte, eerbare ding was om te doen nie. Sy sou dan soos God wees as sy die vrug eet.
Haar "werk" sou in haar verwysing, haar nader aan God bring, haar meer in lyn met Sy roeping bring, haar wandel en gedrag soos God self laat lyk...................

Is daar nie honderde aktiwiteite vandag met opregte, eerbare bedoelings wat my gedrag en denke ens meer heilig wil maak nie.
Andrew stel dit so:
"While some view Christianity as a behaviour improvement program, the Eden story reveals that a desire for behaviour improvement was the cause of spiritual death."

In my opregte soeke na Hom hou ek myself besig met hierdie werke en pogings nadat God se,ek het jou in my beeld en gelykenis gemaak. Nadat God se dat die wet en my pogings, my nie volmaak kan maak nie.
Niks behalwe Jesus kan my heel maak nie. En die goeie nuus, Hy het dit reeds gedoen.

1Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Jes53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Ons kan vandag so besig raak om kennis na te jaag, dat ons ons eie harte se geroep na intieme verhouding met God nie hoor nie.
Ons kan so besig wees om onself te wil verbeter, dat ons Hom mis wat ons reeds verbeter het en vir eens met sonde gedeel het. Lewe en oorvloed is in Hom. Vreugde en vrede is in Hom. Voorsiening en beskerming is in Hom.

Hoekom wil ek bly verbeter as ek in Hom kan rus?

21 August 2009

Een met God!!

Meeste van ons ken hierdie gedeelte in Johannes. Lees dit weer en dan lees jy daarna hoe John G Lake hierdie eenheid verstaan het!!!

Joh 17:20-23 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—
dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het,
sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.


John G Lake, “I am a believer in the partnership of man and God. There is a fusing, a symphonising of God and man; the two become one. Not a saved man and a glorious God. But man fused into God and God fused into man, one divine creation. When Moses stood at the Red Sea, it was not Moses and God; it was just God. We say: ‘Lord make me a channel’ leaving ourselves separated from God in our thought and expecting God to pour His spiritual power and blessing through us. That is not the highest thing. There is a greater experience than that in God’s word: It is where you and God are one. Your whole body, your whole soul, your whole mind, your whole heart, your whole spirit begins to move in the rhythm and fusion and symphony of the eternal God; one in heart, one in mind, you and God as one. Moses tried to back out of this relationship. God told him to shut up and stop praying and to get on with the job! ‘...You stretch out your hand over the sea and you divide it!’

Ek glo hierdie met my hele hart!!! My kop mis dit partymaal....maar dit verander nie die waarheid nie.
Geniet jou EEN wees!!

13 August 2009

Roem...

Ek het gisteraand die volgende 3 skriffies gelees en dit het my so geseen dat ek dit vandag met julle wou deel.
Ons is probeer tog so hard om te beindruk..... Soos ek al telke male gese het, geen een van jou werke kan God beindruk nie. Jy is reeds vir Hom AWESOME!!!! Net soos jy is....
Om nou net te wees wie ek is in Hom, is persoonlik vir my 'n doelwit. Net om Hom te geniet en Sy teenwoordigheid in my lewe in te drink, sonder effort, net met vrymoedigheid!!!

Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;

Jer 9:23-24So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE
(die dinge = goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde)

Jer 17:5-8 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land.
Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.
Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.


En dan net vinnig weer die volgende. Ek dink nie hierdie 2 versies het enige meer verduideliking nodig as wat dit se nie. (en tog lees die meeste mense net dood eenvoudig oor dit...)
1 Kor 15:55-56 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

Die goeie nuus:
Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.