23 March 2011

Deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Ons wonder baie hoekom ons nie altyd die beloftes van God sien in elke area nie. Ek glo daar is baie antwoorde, maar ek het so bietjie die laaste ruk ondersoek ingestel

1 Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Wat is hierdie natuurlike mens wat nie die dinge, die seen van God aanneem nie?

Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

Ons vlees bedink dood, omstandighede ens wek vrees op en ons bedink nie wat daar bo is nie.

Dood?

1Co 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Dis ons vyand waarteen ons elke dag baklei

Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

2Kor 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

2 Kor 3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,

Hierdie vyand is die WET wat in ons deur oorgelewerde mense gebooie, “klou” aan ons!! Hierdie vyand hou ons uit die beloofde land wat reeds vir ons gegee is en reeds ingeneem is. God se ook vir Josua in Jos 1:2 dat Moses nou dood is en dat hulle die land kan inneem. Die wet is nou dood, die beloftes is nou ons erfdeel

Deut 12:10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.

Jos 1:2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.

Jos 1:3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.

Jos 5:11 En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.

Jos 5:12 En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.

Die volk het dus die beloofde land ingegaan. Hulle het geeet vandie opbrengs van die beloofde land. Dit is nie meer iets wat nog moet gebeur nie. Dis ‘n afgehandelde saak. Ons sit reeds in hemelse plekke saam met Hom en heers in hierdie lewe.

Ons denke is dus nog in die woestyn. Ons oorgelewerde mense gebooie, die wet, maak dat ons nog glo in die woestyn lewe. Die kop bo water manier van lewe, en dan natuurlik die wettiese “vergenoegdheid”. Ek moet nou maar happy wees met wat ek het….. God se egter in Ef1:3 dat ons reeds geseend is met ALLE geestelike seeninge.

Paulus praat in Romeine van ‘n veel meer bediening.

Rom 5:15 veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

Ons moet vergenoegd wees met die oorvloed, seen, veel meer.. Hy het ver bo wat ons kan dink of droom in gedagte vir die wat Hom liefhet.

Wat is dan die oplossing as die wet my weghou van die beloftes: Die wet is die vyand wat reeds oorwin is.

Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—

Gal 3:14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Dis soos ‘n kind wat vir ‘n naweek by die oppasser bly. Maandag as ouers terug is kies die kind die oppasser……. Sy kan nie verstaan waarom die oppasser nie vir haar soveel liefde gee soos haar pappa en mamma nie, en hoekom sy nie sulke lekker kossies en nannas kry nie, maar sy kies nogsteeds om by die oppasser te bly.

Die ouer het die oppasser se werk vervul toe hulle maandag opgedaag het..

Jesus het die wet vervul die oomblik toe Hy opgedaag het!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Die erns om vir eens en altyd ‘n einde te maak aan die wet in my lewe is van kardinale belang om waargatig Sy beloftes in my lewe te sien, en ‘n lewe in oorvloed te ervaar. Daar is volgens Heb geen meer offer vir die wat die wet kies nie. Jesus het eenmaal vir altyd die volmaakte offer betaal sodat ons waarlik vry kan wees

Ek sal volgende week deel oor hoe om die woord van waarheid en hoop in jou hart te bewaar en dit te spreek en sodoende lewe en ‘n stem aan jou geloof te gee.

Johannes se die Woord het vlees geword en onder ons kom woon!!