22 September 2008

Versie vir die week...

Het die volgende gedeelte vanoggend in die 'Message' gelees. Het die baie geniet, veral vers 22-23

Matt 6:22-23
“Your eyes are windows into your body. If you open your eyes wide in wonder and belief, your body fills up with light. If you live squinty-eyed in greed and distrust, your body is a dank cellar. If you pull the blinds on your windows, what a dark life you will have!

24“You can’t worship two gods at once. Loving one god, you’ll end up hating the other. Adoration of one feeds contempt for the other. You can’t worship God and Money both.

25-26“If you decide for God, living a life of God-worship, it follows that you don’t fuss about what’s on the table at mealtimes or whether the clothes in your closet are in fashion. There is far more to your life than the food you put in your stomach, more to your outer appearance than the clothes you hang on your body. Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.

27-29“Has anyone by fussing in front of the mirror ever gotten taller by so much as an inch? All this time and money wasted on fashion—do you think it makes that much difference? Instead of looking at the fashions, walk out into the fields and look at the wildflowers. They never primp or shop, but have you ever seen color and design quite like it? The ten best-dressed men and women in the country look shabby alongside them.

30-33“If God gives such attention to the appearance of wildflowers—most of which are never even seen—don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you? What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.

34“Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.”

11 September 2008



Hierdie blog is nie 'n "book club" nie ek weet. Ek is ook baie versigtig om boeke aan te beveel, omdat dit nie op dieselfde tyd vir almal dieselfde beteken nie. 'n Goeie boek op die regte tyd kan egter direk tot ons harte spreek.

Hierdie boek het bygedra tot die ervaring en openbaring wat ek oor Sy hart het vanoggend. Dis nie die boek nie, dis die Here, maar my hart was net so een met die sienings.

Jy moet verstaan dat hierdie boek nie die woord van God is nie, dit was nie die rede nie. Dis 'n storie, punt.

Jy lees oor iemand se opinie oor God, sy sienings en persepsie!! Jy lees iemand se ervaring van verhouding met die drie-enige God, en dit raak werklik jou hart.

Ek glo daar sal verseker mense wees wat nie die boek geniet nie, en wat selfs ongemaklik kan voel met die beelde van hoe hy God beskryf. Lees die storie en besluit self, maar moet dit nie met jou godsdiens/politike hoedjie aan doen nie, dan gaan jy dalk net 'offended' wees.

'n Paar ander opinies oor die boek:

"The Shack is a one of a kind invitation to journey to the very heart of God. Through my tears and cheers, I have been indeed transformed by the tender mercy with which William Paul Young opened the veil that too often separated me from God and from myself. With every page, the complicated do’s and don’t that distort a relationship into a religion were washed away as I understood Father, Son, and Holy Ghost for the first time in my life."
-Patrick M. Roddy, Emmy Award Winning Producer of ABC News-

"Finally! A guy-meets-god novel that has literary integrity and spiritual daring. The Shack cuts through the clichés of both religion and bad writing to reveal something compelling and beautiful about life’s integral dance with the divine. This story reads like a prayer—like the best kinds of prayer, filled with sweat and wonder and transparency and surprise. When I read it, I felt like I was fellowshipping with God. If you read one work of fiction this year, let this be it."

Maak jou eie gevolgtrekking en lees dit as jy wil. Ek kan net getuig dat ek so diep geraak is deur die Vaderhart en wie God is.

Lekker dag

God het jou lief

Vanoggend is my hart vol. Dis een van daai dae wat as ek net aan die Here dink wil ek huil. My hart is so sag oor Sy goedheid en Sy liefde vir ons!!!!!!!

Ek het God so 9 jaar terug vir die eerste keer leer ken as 'n goeie Vader, getrou aan Sy karakter. Jare se leuens en persepsies moes in my kop verander word. Vir nog so lank as wat ek kon onthou voor daardie dag, was God ver, ontoeganklik en te ver bo my. Hy was meer 'n fantasie figuur as 'n werklikheid.
Toe op daardie awesome dag, snap ek dat Hy my vriend is en dat Hy aan my kant is. Sy hart oor my is goed, Sy gedagtes oor my is goed en ek kan met vrymoedigheid na Hom toe gaan. Daar was nogsteeds sekere goed wat ek nie kon verduidelik nie...... maar ek net besluit om by my besluit te bly dat God goed is. Ja, die stories in die ou testament vs die God in die nuwe testament is seker iets wat mens se kop kan deurmekaar krap, maar wat dit aanbetref weet ek net nogsteeds dat God goed is. Tussen toe en nou het Sy seun die volmaakte offer kom betaal om te verseker dat die mens nie weer ver van God af hoef te wees nie.

Jes 54:7-10 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. (8) In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser. (9) Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. (10) Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.

Vanoggend sit ek voor die rekenaar met trane wat oor my wange rol. Ek het net nog meer 'n oortuiging van wie God is vandag.
In die verlede sou dit my ontstel as iemand die karakter van God verdraai. Ek kon insien dat dit onkunde was, of dat die persoon nog nie oortuig in hul eie harte was oor hierdie feit nie. Maar ek moes my hart bewaar om nie net sommer kwaad te word nie.

Vandag voel ek nie kwaad daaroor nie, dit voel egter of iemand my hart uit my bors uit ruk en daarop spring en in die rondte draai as ek hoor dat iemand my God so mis verstaan.

Daar is vir Hom niks belangriker vandag as jy nie. Niks maak Hom meer opgewonde as jou teenwoordigheid nie. Niks breek Sy hart vandag meer as jou seer nie. Niks roer Sy hart vandag meer as jou trane en krete om hulp nie. Niks bring Sy hart meer in beroering vandag as JY nie!!

Ons wil sit en met ons slim intelektuele breine met woorde verklaar wie hierdie God is. Ons wil Hom dan mooi in 'n pakkie toedraai en langs ander onderwerpe op ons rakkie sit waarop daar staan "het die tema onder die knie". Ons beste poging om Hom te definieer en te beskryf sal nie naastenby genoeg wees nie. Ver bo dit wat ons dink Hy is, is Hy. Veel meer........

En nou, ek kan jou nie hiervan oortuig nie, en as jy nie in jo hart nie hiervan oortuig is nie, dan gaan die bybel dit verseker nie doen nie, inteendeel.
Geen mens kan jou oortuig van hierdie alles oortreffende goedheid en hart van God oor jou nie!!!
Hy het mens geword in Jesus, maar ons ken Hom nie na die vlees nie. Jy kan Hom nie vergelyk met enige iets op hierdie aarde nie. HY IS GOD!!!!
Net God sal jou hart kan oortuig van wie Hy regtig is. En Hy doen dit so sagkens en met soveel liefde.......

Ek dink nie woorde kan vanoggend oordra wat in my aan die gang is. 'n Vriendin van my het eenkeer gese, God het nie lief nie, HY IS LIEFDE. Ons slim koppe kan dit nie 'comprehend' nie.

Weet net verseker die volgende, of jy nou oortuig is of nie:
  • God is lief VIR JOU
  • God se begeerte is na JOU
  • God sal alles weer doen al was dit net vir JOU
  • Ons leef in 'n tyd waar alles ons baie skepties maak, oor EEN ding hoef jy nie te twyfel nie, Sy liefde vir JOU. Sy hart vir JOU. Sy drome oor JOU

Niks maak meer saak as dit nie. Al ons planne, strukture, persepsies, instellings, posisies is goed bedoel, maar die gaan net oor HOM!!!

Laat vandag net oor HOM gaan, nie net vandag nie...............




02 September 2008

Heers oor die aarde.....

Ek het nie iets heeltemal nuut om te deel hierdie week nie, maar is uitgedaag om weer hierna te kyk en te oordink. Ons almal verstaan dat die werk van Jesus Christus aan die kruis vir my en jou 'n volkome werk was.
Ons kan daarby niks byvoeg of wegneem nie. 100% volkome, net een maal!!!!!

Die werk was vir jou en my en die hele wereld - Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Die feit dat hierdie werk vir die hele wereld was kan ons weer op 'n latere stadium bespreek.
Wat my nou opval is dat die werk vir die mens was.
2 Kor 5:16-21 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. (17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (18) En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, (19) naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. (20) Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. (21) Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Ons het die geregtigheid van God geword in Jesus.

Jy sien die werk was vir die mens en nie vir die res van die skepping nie!! Die res van die skepping wag vir ons om ons heerskappy op te neem
Rom 8:19-22 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. (20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het (21) in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. (22) Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Die hele skepping wil vrygemaak word tot dieselfde vryheid en heerlikheid van die mens!!!!!!WOW!!! Dis genuine in ons hande........

Van die begin af was dit God se plan dat ons sal heers -
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Na die sondeval EN die herstel van die mens voor God het ons weer die gawe van heerskappy ontvang
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Selfs sonde kan ons nie onder kry nie!!
Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

As ons waarlik stap in dit waartoe ons geroep het, sal die reen, wind,vuur, orkaan.......nie oor ons heers nie. Dan sal droogte nie 'n probleem wees nie, aardverwarming nie 'n bedreiging wees nie,en sal die hele wereld / natuur nie tot niet gaan nie.

Dit is in my en jou hande om te heers oor dit wat God ons oor aangestel het!!!