
Hierdie blog is nie 'n "book club" nie ek weet. Ek is ook baie versigtig om boeke aan te beveel, omdat dit nie op dieselfde tyd vir almal dieselfde beteken nie. 'n Goeie boek op die regte tyd kan egter direk tot ons harte spreek.
Hierdie boek het bygedra tot die ervaring en openbaring wat ek oor Sy hart het vanoggend. Dis nie die boek nie, dis die Here, maar my hart was net so een met die sienings.
Jy moet verstaan dat hierdie boek nie die woord van God is nie, dit was nie die rede nie. Dis 'n storie, punt.
Jy lees oor iemand se opinie oor God, sy sienings en persepsie!! Jy lees iemand se ervaring van verhouding met die drie-enige God, en dit raak werklik jou hart.
Ek glo daar sal verseker mense wees wat nie die boek geniet nie, en wat selfs ongemaklik kan voel met die beelde van hoe hy God beskryf. Lees die storie en besluit self, maar moet dit nie met jou godsdiens/politike hoedjie aan doen nie, dan gaan jy dalk net 'offended' wees.
'n Paar ander opinies oor die boek:
"The Shack is a one of a kind invitation to journey to the very heart of God. Through my tears and cheers, I have been indeed transformed by the tender mercy with which William Paul Young opened the veil that too often separated me from God and from myself. With every page, the complicated do’s and don’t that distort a relationship into a religion were washed away as I understood Father, Son, and Holy Ghost for the first time in my life."
-Patrick M. Roddy, Emmy Award Winning Producer of ABC News-
"Finally! A guy-meets-god novel that has literary integrity and spiritual daring. The Shack cuts through the clichés of both religion and bad writing to reveal something compelling and beautiful about life’s integral dance with the divine. This story reads like a prayer—like the best kinds of prayer, filled with sweat and wonder and transparency and surprise. When I read it, I felt like I was fellowshipping with God. If you read one work of fiction this year, let this be it."
Maak jou eie gevolgtrekking en lees dit as jy wil. Ek kan net getuig dat ek so diep geraak is deur die Vaderhart en wie God is.
Lekker dag
No comments:
Post a Comment