Ek wil graag my hart deel oor die verantwoordelikheid ding! Dis nog so bietjie vars in my hart so moet nou nie die stukkie teologies benader nie, maar lees met jou hart.
Dink ek moet die een voorbeeld gebruik aan die begin, om daai stemmetjie wat later in jou ietsie gaan se, stil te maak.
Ons weet sonde is vir God nie meer ‘n issue nie, Hy het vir een maal vir altyd volmaak daarmee gedeel en die volmaakte prys daarvoor betaal. Jy
In jou wandel met Hom hoef jy nou dus nie meer te “top” oor sonde nie. Dis nie meer jou fokus nie. Ek gaan dalk foute maak, maar ek gaan nie nou aangaan en links en regs sondig nie, ek het mos nou nie ‘n “free ticket” nie… Rom 6:1-2 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? (2) Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Ons fokus was om in geloof nou net ons verantwoordelikheid op te neem en in hierdie waarheid te wandel.
Die sinnetjie klink so mooi en in ‘n groot mate is dit waar. In myself het ek net gesukkel met die feit dat dit my erfdeel is wat ek gratis ontvang vs my verantwoordelikheid om dit op te neem…
God het werklik in die laaste paar weke in gemeentes oor die land die volgende gedeel in ons harte hieroor. (PS Onthou net, God het nie verander nie, Hy bly dieselfde. Ons sien net van heerlikheid tot heerlikheid)
Gal 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Ja ek gaan kan heers en situasie met outoriteit kan hanteer, maar nie uit myself nie,uit Hom uit. Waarlik uit Hom, deur Hom en tot Hom
Sy energie en nie myne nie.
Ek dink jy moet dit sien as ‘n hart ding en nie ‘n kop ding nie.
‘n Goeie vriendin in Witrivier deel gister met my die volgende. Ons wil tog altyd net dit doen wat goed is, dit word verwag van ons…. Ons is mos goeie mense. Maar God kom wys toe vir hulle weer die 2 bome. Boom van Kennis van goed en kwaad vs Boom van Lewe.
Kies ek goed of kies ek lewe. Is dit my verantwoordelikheid om goed te kies of my “verantwoordelikheid” om lewe te he.
Deu 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
Party sal seker nou vra “So what”? Vir my het dit die laaste ruk so vry gemaak. Ons voel dis ons verantwoordelikheid om te heers in ons gesinne en ons werk. Ons verantwoordelikheid om voor God te staan vir die gesondheid van die mense om ons……ens.
Die bg is alles uit my eie energie uit. My eie poging wat nooit goed genoeg sal wees nie. Maar as ek net weer in SY poging inklim, in Sy oorwinning, ervaar ek al die dinge.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.