31 March 2010

Verantwoordelikheid

Ek wil graag my hart deel oor die verantwoordelikheid ding! Dis nog so bietjie vars in my hart so moet nou nie die stukkie teologies benader nie, maar lees met jou hart.

Dink ek moet die een voorbeeld gebruik aan die begin, om daai stemmetjie wat later in jou ietsie gaan se, stil te maak.

Ons weet sonde is vir God nie meer ‘n issue nie, Hy het vir een maal vir altyd volmaak daarmee gedeel en die volmaakte prys daarvoor betaal. Jy kan niks meer byvoeg nie.

In jou wandel met Hom hoef jy nou dus nie meer te “top” oor sonde nie. Dis nie meer jou fokus nie. Ek gaan dalk foute maak, maar ek gaan nie nou aangaan en links en regs sondig nie, ek het mos nou nie ‘n “free ticket” nie… Rom 6:1-2 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? (2) Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Nou oor verantwoordelikheid. Ons het hier al baie gedeel oor alles wat Jesus aan die kruis vir ons bewerkstellig het. Die volkome prys sluit ALLES in, vrede, blydskap, genesing, beskerming, vryheid, heerskappy, seen ens.

Hy het met Sy werk gekom nie om met die issues te deel nie, maar om verhouding en heerskappy te herstel en daarmee saam het Hy sommer die ander goedjies ook uitgesorteer!!

Ons fokus was om in geloof nou net ons verantwoordelikheid op te neem en in hierdie waarheid te wandel.

Die sinnetjie klink so mooi en in ‘n groot mate is dit waar. In myself het ek net gesukkel met die feit dat dit my erfdeel is wat ek gratis ontvang vs my verantwoordelikheid om dit op te neem…

God het werklik in die laaste paar weke in gemeentes oor die land die volgende gedeel in ons harte hieroor. (PS Onthou net, God het nie verander nie, Hy bly dieselfde. Ons sien net van heerlikheid tot heerlikheid)

Gal 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

As ek dan nou nie meer lewe nie, wat se verantwoordelikheid het ek dan nog. Het verantwoordelikheid nie maar net weer’n mooi godsdienstige woordjie in ons midde geraak vir werke en wet nie? Maak ons dit nie maar net weer my EIE poging in plaas van God se werk nie. Ek glo al “verantwoordelikheid” wat ons het is om in verhouding met God te wandel. Om waarlik in rus te wees. Waarlike vrede, blydskap, genesing, beskerming, vryheid, heerskappy, seen kom vanuit intimiteit met Hom, Rus. Dit het niks met my poging of verantwoordelikheid te doen nie.

Net belangrik om hier te se dat ek nie nou terugkeer na die passiewe uitkyk van godsdiens nie.Ek se nie ons moet nou maar berus, sy wee is te hoog om te verstaan.....

Hierdie rus kom uit aktiewe verhouding met God. Met 'n verstaan van Sy karakter en hart oor die mens. 'n Verstaan dat Hy alles met ons deel en dat Hy net goed is.

Ja ek gaan kan heers en situasie met outoriteit kan hanteer, maar nie uit myself nie,uit Hom uit. Waarlik uit Hom, deur Hom en tot Hom

Sy energie en nie myne nie.

Ek dink jy moet dit sien as ‘n hart ding en nie ‘n kop ding nie.

‘n Goeie vriendin in Witrivier deel gister met my die volgende. Ons wil tog altyd net dit doen wat goed is, dit word verwag van ons…. Ons is mos goeie mense. Maar God kom wys toe vir hulle weer die 2 bome. Boom van Kennis van goed en kwaad vs Boom van Lewe.

Kies ek goed of kies ek lewe. Is dit my verantwoordelikheid om goed te kies of my “verantwoordelikheid” om lewe te he.

Deu 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Hoe groot verantwoordelikheid is dit nou om die lewe te kies,is dit nie maar ‘n spontane reaksie in my om lewe te kies nie.

Party sal seker nou vra “So what”? Vir my het dit die laaste ruk so vry gemaak. Ons voel dis ons verantwoordelikheid om te heers in ons gesinne en ons werk. Ons verantwoordelikheid om voor God te staan vir die gesondheid van die mense om ons……ens.

Die bg is alles uit my eie energie uit. My eie poging wat nooit goed genoeg sal wees nie. Maar as ek net weer in SY poging inklim, in Sy oorwinning, ervaar ek al die dinge.

Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Hoop dit seen julle. Ek sal oor tyd nog meer hieroor deel.

No comments: