Waar 'n beter plek om weer te begin as die Rus van die Here!!!!
Een ding wil ek net gou weereens vas maak. God bly dieselfde,Hy verander nooit nie. Wat 'n verligting. Ons groei in die waarheid , en dinge word meer duidelik as 2 jaar terug bv. maar dit beteken nie God het verander nie!!
My hart is vol oor die bg 2 onderwerpe, maar om die briefie nie te lank te maak nie, sal ek dit maar in 2 deel.
Rus is 'n onderwerp wat ons al baie oor gesels het, en baie van ons besprekings kom terug na die punt dat God die werk reeds gedoen het, en ons kan rus saam met Hom in hemelse plekke.
Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;
Hierdie skriffie is so mooi en daar le soveel krag daarin. Ek het toe mooi in die Hebreeus gaan kyk wat hierdie skrif regtig se. Ek het na elke woord se moontlike vertaling gaan kyk en al die woorde wat in konteks is, gebruik om een sin te bou. (Gaan kyk self in e-sword)
So hier volg die Madelein vertaling van Jes 30:15
In going back home again, recovering,refreshing, resting and from withdrawing from the world,
shall ye be free and victorious
In quietness, stillness, letting go of everything,
In both the fact that you are secure and the feeling of trust and hope,
shall be your strength, it will make you a powerful and valiant man, a giant warrior!!!
WOW!!! Kan ek enige iets anders wil doen as om net in Sy rus te wees.
Oor die wet het ons ook al baie gepraat. Wet is nie net die 10 gebooie nie. Wet is enige iets wat ek uit myself doen om waarde voor God te kry!!!!
Ons is reeds waardig en ek het nie nodig om myself voor God te bewys nie.
Een skrif het nou onlangs 'n gevoel wat ek oor die wet gehad het net so vas kom maak in my hart:
Gal 2:19 want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.
Ek wil geen meer poging uit my eie energie laat bestaan nie. Ek kan net wees omdat God is....
Gaan wees net hierdie week by God en gaan ontdek die vrede in Rus!
Psa 127:2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
2 comments:
God kyk na ons harte, na die intensie Is my hart onverdeeld op Hom gerug? of op die bekommersnisse van die lewe Die wet dwing verhouding Die Seun se jy hoef niks meer te doen nie...... Laat jou poging en planne STERF IN My nes Ek moes sterf........wat kies ons rus in Hom ? Of ons eie planne ?
Post a Comment