06 December 2011

Wie soek vir wie??

Ek het nou die oggend net hierdie gedagte bedink oor hoe ons na God “soek”. Ons soek Hom vir deurbrake, vir wysheid, vir vergifinis…… Ek praat nie net van woordspeling nie, maar ‘n hele wese wat soekend is na God.

Net nadat Adam en Eva in die tuin van die vrug geeet het en hulle oe oopgegaan het, het hulle weg gaan kruip. En raai wat: God soek na hulle!!

Gen 3:9-10 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Hy soek na ons!

Opb 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Ons is so besig om God van erens af, nader te wil bring of te soek. Hetsy deur ons werke, ons aanbidding, middelaars en leefstyl:

Rom 10:6 -8 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig

Daar is nou geen meer skeiding tussen ons en God nie, geen meer verskoning

Ef 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

As ek dan nou nie hoef te soek nie, kan ek maar net rus in die wete dat Hy my “gesoek” het, EN gevind het in Jesus Christus. In Jesus het Hy geword wat ek was sodat ek kan wees wat Hy is (2Kor5:21)

Psa 46:10 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Psa 46:10 Be still, and know that I am God

Jes 14:7 Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.

Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;

En selfs in die kere wat die mens na God gesoek het, het Hy hom laat vind. Hy kruip nie weg of speel dood nie…

2Kron15:4 Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

Jy sien, hier is Sy hart :

Jes 65:1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

1Joh 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Sy teenwoordigheid en nabyheid IN my, laat my so versadig, so vergenoeg. Nooit weer is ek soekend…

Joh 4:13-14 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Wat jy hieruit kan vat is die feit dat God nooit die mens alleen gelaat het nie. Hy soek al van die eerste dag af wat die mens sy eie rigting inslaan, na ons. Wat ‘n gedagte om te koester, dat die God van die heelal, na my soek, daagliks! Sy begeerte is na my!

01 December 2011

Genade:'n Keuse??????

Genade word gereeld in engels beskryf as: “unmerited favour” of soos ons se, onverdiende guns…..Dis iets wat ons nie verdien het nie, en dan in dieselfde asem voel ons, ons moet dit nog kies.

Hier is die waarheid: jou keuse het NIKS met God se genade uit te waai nie.

Jou keuse het nie bepaal of Jesus aan die kruis sou sterf en vir die mensdom hul vryheid koop nie.

Jou keuse het jou nie die geregtigheid van God gemaak nie.

Jou keuse maak jou nie meer eksklusief of beter as die mens langs jou nie.

Jou keuse is nie iets waarop jy kan roem nie.

Wat keuse aanbetref gee God jou nog die antwoord ook, so dis nie eers jou eie wysheid gewees nie:

Deut 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Net soos jy geen keuse gehad het in die feit dat Adam die vrug geeet het en die hele aarde onder die vloek van sonde gekom het nie, VEEL MEER het jy geen invloed gehad in die feit dat die hele mensdom deur die een Jesus Christus, geregverdig gemaak is.

Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

God het in Sy eie barmhartigheid en LIEFDE besluit en gesmag na eenheid met die mens.

Sy hart is jy, en Hy het van Sy kant af alles gedoen sodat daar nooit weer skeiding tussen mens en God hoef te wees nie. Daar sal geen meer verskoning wees vir skeiding met God nie.

Geen vertraging in ons gesprekke met Hom nie. Elke asemteug roep die naam van die Here uit.

Hoekom is hierdie punt belangrik?? Omdat ons nie eksklusief is nie. Ons het niks om in te roem nie, behalwe Christus nie. Ek kan nie die kwas uit die meester kunstenaar se hand neem en byvoeg by die alreeds heerlike prentjie van wat Hy sien nie. EK KAN NIE EN HOEF NIE BY TE VOEG NIE.

Wat bly dan oor? Word wakker!!

Psa 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.

Col 3:1 You are raised together with Christ! Now pursue with persuasion the consequence of your co-inclusion in Christ. Relocate yourself mentally! Engage your thoughts with throne room realities; his resurrection co-raised you to the same position of authority, seated in the executive strength of God's right hand.Col 3:2 Becoming affectionately acquainted with these thoughts will keep you from being distracted again by the earthly (soul-ruled) realm.Col 3:3 Your union with his death broke the association with that world; the secret of your life now is the fact that you are fully embraced with Christ in God.

Jesus word nie weer gekruisig elke keer as individue die regte keuse maak nie.

Hy het een maal die volkome prys betaal vir altyd. Jy was reeds ingsluit daardie dag aan die kruis, voor jy dit besef het.

Vandag hoor jy dus die woord van God se genade en waarheid, en alles in jou word “wakker” en spontaan reageer jy met ‘n keuse vir iets of Iemand wat jou reeds voor die grondlegging van die aarde al eerste gekies het.

My reaksie is dus nie ‘n voorvereiste vir Sy genade of liefde nie, maar ‘n spontane, heerlike, gevolg van iets wat so resoneer in my hele wese. Woorde kan nie eers beskryf wat met die mens gebeur as hy sy oorsprong ontdek nie.

James 1:25 The other one is mesmerized by what he sees; he is captivated by the effect of a law that frees man from the obligation to the old written code that restricted him to his own efforts and willpower. No distraction or contradiction can dim the impact of what he sees in that mirror concerning the law of perfect liberty (the law of faith) that now frees him to get on with the act of living the life (of his original design.) He finds a new spontaneous lifestyle; the poetry of practical living.