06 December 2011

Wie soek vir wie??

Ek het nou die oggend net hierdie gedagte bedink oor hoe ons na God “soek”. Ons soek Hom vir deurbrake, vir wysheid, vir vergifinis…… Ek praat nie net van woordspeling nie, maar ‘n hele wese wat soekend is na God.

Net nadat Adam en Eva in die tuin van die vrug geeet het en hulle oe oopgegaan het, het hulle weg gaan kruip. En raai wat: God soek na hulle!!

Gen 3:9-10 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.

Hy soek na ons!

Opb 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Ons is so besig om God van erens af, nader te wil bring of te soek. Hetsy deur ons werke, ons aanbidding, middelaars en leefstyl:

Rom 10:6 -8 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig

Daar is nou geen meer skeiding tussen ons en God nie, geen meer verskoning

Ef 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

As ek dan nou nie hoef te soek nie, kan ek maar net rus in die wete dat Hy my “gesoek” het, EN gevind het in Jesus Christus. In Jesus het Hy geword wat ek was sodat ek kan wees wat Hy is (2Kor5:21)

Psa 46:10 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Psa 46:10 Be still, and know that I am God

Jes 14:7 Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.

Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;

En selfs in die kere wat die mens na God gesoek het, het Hy hom laat vind. Hy kruip nie weg of speel dood nie…

2Kron15:4 Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

Jy sien, hier is Sy hart :

Jes 65:1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

1Joh 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Sy teenwoordigheid en nabyheid IN my, laat my so versadig, so vergenoeg. Nooit weer is ek soekend…

Joh 4:13-14 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Wat jy hieruit kan vat is die feit dat God nooit die mens alleen gelaat het nie. Hy soek al van die eerste dag af wat die mens sy eie rigting inslaan, na ons. Wat ‘n gedagte om te koester, dat die God van die heelal, na my soek, daagliks! Sy begeerte is na my!

No comments: