05 January 2012

"Free Ticket"?

Die onderwerp het al soveel gesprekke aan die gang gesit omdat mense so “bang” is dat genade ons ‘free ticket” tot sonde kan wees. My antwoord was net altyd dat as dit jou vraag is, jy nie mooi verstaan nie. Ek het egter nou ‘n beter beeld….

Eerstens, kom ons stem net gou weer saam dat sonde nie meer ‘n issue is vir God nie, en dat Hy die prys ten volle daarvoor betaal het, deur vinnig na paar skrifte te kyk:

Joh_1:29 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Mat_26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Heb_1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, (let op die verlede vorm)

Heb_8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Heb_9:28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem

Heb_10:17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

Kan seker nog klomp hier byvoeg, maar ek dink dit maak die punt. Sonde is mee gedeel, een maal vir altyd!

Gewoonlik kom die vraag dan nou, maar se dan jou dat ek kan doen wat ek wil? Paulus het ook die vraag gehad:

Rom_6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

Rom_6:2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Maar selfs hierdie antwoord van Paulus is nie gewoonlik genoeg nie.

Dit bring my by die tweede punt, ons het saam met Jesus gesterf en het saam met Hom opgestaan.
Nou is die posisie wat ons beklee IN CHRISTUS. Ons is EEN met Hom!!

1Kor_1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Gal_3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

Joh 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Om terug by die vraag te kom, kan ek dus nou maar doen wat ek wil??

My antwoord: as jy besef dat jy en Jesus waarlik een is, JA!!!

As daar nog twee is, jy aan die een kant, en God daar ver ander kant, NEE! Jy sit met ‘n groot problem om te dink, dat onder die genade jy net kan doen wat jy wil indien jy nie verstaan, dat jy en God waarlik een geword het nie.

Paulus gaan verder in Romeine 6

Rom_6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Rom_6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Rom_6:10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

Rom_6:11 So mCol_1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

oet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

Rom_6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie

Jy sien, ons wil soooo graag sonde preek, reg en vekeerd, goed en kwaad….. terwyl God in die tuin praat van die boom van die lewe.

Ons fokus moet wees ons eenwording met God, ons lewe in Christus!!!!!!

Hoe kan ek val vir duisternis as LIG my VOLLE aandag het?????

Seen jou met ‘n lewe een met Hom!!!