21 September 2010
God is liefde!!!!
26 July 2010
God is goed
04 May 2010
Lekker lees!!
Toe ons nou daar in Pretoria was het die lamppale vol plakkate gehang. As jy so in die verkeer ry lees mens dit oor en oor. Kyk, jy kan jouself in ’n depressie ry oppad werk toe. Ek besef daardie lamppaal is nooit gemaak vir daardie poster nie. Hy is gemaak vir die lig, maar ons mis die lig en ons kyk na die posters met die verkeerde nuus. God is nie op Sy senuwees en Hy kou nie naels oor wat in die politiek aangaan nie. God het ’n getuienis oor die mensdom wat Hy geanker het aan die gehoorsaamheid van een mens. Die moeilikheid wat die wêreld in die oë moet kyk is die resultaat van die ongehoorsaamheid van een mens. Hier kom Paulus en hy sien ’n ding raak en Hy skryf in Rom. 5: 18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
Kol. 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, Die drie woordjies: “…saam met Hom…” is die mees kern drie woordjies in die hele Bybel. Iets het saam met Christus Jesus gebeur. Die mens is ingesluit met dit wat met Jesus Christus gebeur het. As dit nie waar was nie, dan het ons net ’n verwysing na ’n pragtige stuk geskiedenis en ’n heldedaad van tweeduisend jaar gelede. Iets het egter saam met Hom gebeur. Jesus het nie as individu gesterf nie en Hy het nie as individu lewend geword uit die graf nie. God het die mens lewend gemaak saam met Hom. Paulus sê dit in soveel woorde in Ef. 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
Deut. 32:18
Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.
Ons het ons verbintenis met ons oorsprong verloor, sodat ons verbintenis met ons natuurlike geboorte, ons vlees, ons enigste verwysing en groepering geword het. Nou voel ons veilig in hierdie groepering, want dit is ons identiteit. Nou kom Jesus en Hy kom kanselleer elke distansie wat daar ooit kan wees tussen mens en mens en mens en God. In een daad kom kanselleer Hy elke definisie van distansie. Geografies, kultureel, etnies, taal en tyd. Distansie is gekanselleer.
Jes. 40 sê elke hoë berg plat en elke vallei opgevul en elke krom draai reguit gemaak. Elke vraagteken is ’n uitroepteken en al die growwe plekke is plat. God kom doen in een daad wat die mens oor die res van sy bestaan nooit self sou kon regkry nie, want Hy het van die verkeerde boom geëet. Onthou, die mens se krisis het in die tuin begin toe hy van die “do it yourself tree” geëet het. “DIY”. Terwyl die mens in sy godsdiens nog so bietjie van daardie boom pluk bly hy onder presies dieselfde slawerny. Klein bietjie wet, maar dieselfde krag. Hier kom ontdek die mens die boom van die lewe. Die verwysing van God se bloudruk, God se oorspronklike opinie wat Hy oor my uitgespreek het.
Jy sien, toe die vyand vir die eerste keer daar in die tuin met die beeld van God en vlees te doen het, toe skrik hy sy as af, want hy het die beeld van God herken. Vir tydperke was hy juis die voorste aanbidder van hierdie beeld van God en hier kom verskyn die beeld van God nie in ’n opgegradeerde engellyf nie, maar in ’n menselyf. Onmiddellik word die mens die grootste bedreiging en wat doen die vyand? Presies dit wat hyself probeer het. Sy resep kom verkoop hy aan Eva. “The do it yourself tree.” Eet van hierdie boom van kennis van goed en kwaad. Die DIY boom. Dan kan jy jou mos nou self onderskei. Dan het jy mos nou ’n maatstaf waarmee jy jouself kan meet en jy jouself soos God maak. Dit is wat die vyand so graag self wou doen. Hoekom moet ons vir God krediet gee dat Hy daarin geslaag het om Sy beeld in my te maak. Skielik eet die mens van die verkeerde boom en die heerlikheid van God sterf in hom. Die kennis van God se heerlikheid en beeld sterf in hom. Nou kom Jesus en Hy sê: “Simon, ek sê jy is rots,” want die mens het die rots vergeet wat hom verwek het. Sy oorspronklike Genesis het hy verruil vir ’n leuen vader. Hierdie leuen verwysing word nou my identiteit en my verwysing word gestaaf deurdat daar baie van ons is wat in die woestyn ronddwaal. Dan sê Jesus vir Simon: “Vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie. Ek sê jy is rots en op hierdie rots sal ek my “ekklesia” bou en die poorte van hades sal nie stand hou teen my “ekklesia” nie.”
Dit is wat die woordjie bekering beteken. “Metanoesh” Kom dink weer saam met God. God se gedagtes word weer die inspirasie van my gedagtes. Ek dink nou weer vanuit wat God gedink en gedroom het oor my en Hy het Sy droom kom realiseer in Jesus Christus en nou maak dit soveel sin om te ontdek dat Jesus nie gekom het as ’n voorbeeld vir my nie, maar van my. As Jesus bloot gekom het as ’n voorbeeld vir my, dan sou Hy onmiddellik moes kompeteer met al die ander voorbeelde in die godsdienswêreld. Dan moet ek maar kies tussen Jesus en Boedha en die res. Toe kom Jesus egter en Hy kom openbaar aan my iets wat my herinner aan my oorspronklike ontwerp.
Wat so dinamies is van Jesus se bediening is juis sy volgelinge. Sy groottse volgelinge was die ouens wat die grootste “labels” gedra het in die samelewing. Daardie twee groot sondaaretikette. Die prostitute en die tollenaars word Jesus se grootste volgelinge. Die ouens wat die mees erkende sondaars is in die samelewing. Wat is dit in Jesus se lewe wat hulle so trek? Hulle erken hulle oorspronklike ontwerp. Hulle besef dat iemand vir hulle gelieg het. Die lewe wat voorheen my identiteit was, was ’n leuen. Hulle het die waarheid ontdek, want Jesus sê: “As julle in my woord bly sal julle die waarheid kry.” Jesus het nie ’n Bybel onder Sy arm gedra nie, maar Hy was die vervulling van die Skrifte.
Die lelike eendjie hoef nie nog ’n kursus te gaan doen oor hoe om ’n swaan mettertyd te word nie en hoe
lank dit gaan vat voor ek kwalifiseer om in die swaanhemel toegelaat te word nie. Hy moet net die waarheid ontdek dat hy ’n leuenkop gehad het oor homself. Israel se probleem: As dit nie Faro was nie, wie en wat was Israel se probleem? Die verkeerde boodskap wat hulle geglo het oor hulleself. Hulle is maar net sprinkane en dan het hulle gevoel hulle is vreeslik nederig om dit te sê. “Ek is maar net ’n arme mens, ek ellendige mens.” Toe Paulus dit uitroep in Rom. 7, toe bring Paulus die hele krisis van die wettiese godsdiensmens tot ’n punt. Hy sê dat die beste wat hy wil onder die wet, dié kan hy nie. “Ek ellendige mens, wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood.” Aan die einde van die dag word hierdie liggaam my grootste vyand en word ek kruisgevange gehou in my eie lyf. Hy sê: “Ek dank God deur Jesus Christus,” want God het in Jesus Christus ’n verlossingsopenbaring kom gee, sodat ons in daardie verlossingsopenbaring nie net onsself ontdek nie
2 Kor. 5:16
Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
Gebed.
Vader, ek kan U vanoggend dank dat ons die voorreg het om ’n verwysing te ontdek in God se uitspraak in ons lewe, wat meer geldig is as die mooiste foto op ons ID boek. Here, U het kom definisie gee aan die mens. U het ons kom onderskei. Ek dank U dat U iets wakker maak in ons harte vanoggend. Die waarheid, die integriteit van ons oorspronklike waarde, onskuld en identiteit. Dat ons sal kan besef dat hierdie beeld nie sommer net “wishfull thinking” is nie. Dit is nie maar net ’n positiewe boodskap vir ’n Sondagoggend om oor na te dink nie, maar Here dat ons hierdie waarheid so sal bepeins en so sal aangryp dat ons sal agterkom hoe ons van binne af vernuwe is in die gees van ons gemoed. Dat ons sal agterkom dat ons anders dink en ons dink vanuit ’n nuwe vertrekpunt. Ons het ’n nuwe verwysing en dit is ’n ewige rotsvaste verwysing. Ons hoef nooit weer te steier onder die leuens van die verlede nie. U het Egipte uitgekanselleer uit Israel se toekoms. Sò het U die vyand kom uitkanselleer uit ons lewe deur die een heldedaad van Jesus aan die kruis. Een het vir almal gesterwe en daarom moet julle julleself ook doodreken vir die sonde. Ons wil hierdie som kom maak vanoggend om saam met U te stem oor ons lewe en dan wil ons nooit weer toelaat dat ’n sluier van enige definisie vir ons sal hinder om helder te sien nie. In 2 Petrus 1 sê U dat U Goddelike krag ons alles geskenk het wat tot die lewe en die godsvrug dien, maar hy by wie hierdie dinge afwesig is, het blind en kortsigtig geraak. Here, ons wil nie kortsigtig dink nie en ons wil nie toelaat dat ons huidige omstandighede ons gesprek word nie, maar dat ons aanhoudend sal praat vanuit dieselfde bron en verwysing en die oortuiging van God se geloof. Here, ons aanbid U daarvoor. Dankie Here vir die geleentheid wat ons het om vir mense in hierdie week wakker te maak tot die besef van hulle ware onskuld en hulle ware identiteit. Ons ken geen mens meer volgens die vlees nie. Here, ons dank U vir hierdie waarheid. In Jesus Naam. Amen.
31 March 2010
Verantwoordelikheid
Ek wil graag my hart deel oor die verantwoordelikheid ding! Dis nog so bietjie vars in my hart so moet nou nie die stukkie teologies benader nie, maar lees met jou hart.
Dink ek moet die een voorbeeld gebruik aan die begin, om daai stemmetjie wat later in jou ietsie gaan se, stil te maak.
Ons weet sonde is vir God nie meer ‘n issue nie, Hy het vir een maal vir altyd volmaak daarmee gedeel en die volmaakte prys daarvoor betaal. Jy
In jou wandel met Hom hoef jy nou dus nie meer te “top” oor sonde nie. Dis nie meer jou fokus nie. Ek gaan dalk foute maak, maar ek gaan nie nou aangaan en links en regs sondig nie, ek het mos nou nie ‘n “free ticket” nie… Rom 6:1-2 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? (2) Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Ons fokus was om in geloof nou net ons verantwoordelikheid op te neem en in hierdie waarheid te wandel.
Die sinnetjie klink so mooi en in ‘n groot mate is dit waar. In myself het ek net gesukkel met die feit dat dit my erfdeel is wat ek gratis ontvang vs my verantwoordelikheid om dit op te neem…
God het werklik in die laaste paar weke in gemeentes oor die land die volgende gedeel in ons harte hieroor. (PS Onthou net, God het nie verander nie, Hy bly dieselfde. Ons sien net van heerlikheid tot heerlikheid)
Gal 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Ja ek gaan kan heers en situasie met outoriteit kan hanteer, maar nie uit myself nie,uit Hom uit. Waarlik uit Hom, deur Hom en tot Hom
Sy energie en nie myne nie.
Ek dink jy moet dit sien as ‘n hart ding en nie ‘n kop ding nie.
‘n Goeie vriendin in Witrivier deel gister met my die volgende. Ons wil tog altyd net dit doen wat goed is, dit word verwag van ons…. Ons is mos goeie mense. Maar God kom wys toe vir hulle weer die 2 bome. Boom van Kennis van goed en kwaad vs Boom van Lewe.
Kies ek goed of kies ek lewe. Is dit my verantwoordelikheid om goed te kies of my “verantwoordelikheid” om lewe te he.
Deu 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
Party sal seker nou vra “So what”? Vir my het dit die laaste ruk so vry gemaak. Ons voel dis ons verantwoordelikheid om te heers in ons gesinne en ons werk. Ons verantwoordelikheid om voor God te staan vir die gesondheid van die mense om ons……ens.
Die bg is alles uit my eie energie uit. My eie poging wat nooit goed genoeg sal wees nie. Maar as ek net weer in SY poging inklim, in Sy oorwinning, ervaar ek al die dinge.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
25 March 2010
The Julius Dilemma
Enter the Gospel.
The integrity of Julius’s true identity salvation is unchallenged by his conduct. God was in Christ reconciling the world to Himself, not imputing their trespasses to them – this included you, me, Julius Malema; Idi Amin and the Pope. History could not gather enough evidence against mankind to negate the supreme victory of His love revealed in the cross & resurrection. God showed Peter to “call no man common or unclean” – he did not qualify it and it was such a radical departure from the law that God had to show the vision to Peter 3 times. “And a voice spoke to him again the second time, "What God has cleansed you must not call common."” (Acts 10:15;28). Paul enjoins us to hold only one judgement: if One died for all, then all have died; therefore we can no longer consider any man from a human point of view. In His death Jesus became lower than the lowest murderer, rapist or any other evil that man can do; if He did not, He would not be the Lamb of God that takes away the sin of the world (John 1:29).
Self-righteousness dictates that we will try to fight darkness with darkness – but that only increases the darkness! Eye for eye, tooth for a tooth, racism for racism, hatred for hatred….. the grace revolution that Jesus introduces says instead:
"But I say to you who hear: Love your enemies, do good to those who hate you, bless those who curse you, and pray for those who spitefully use you. To him who strikes you on the one cheek, offer the other also…..But if you love those who love you, what credit is that to you? For even sinners love those who love them. And if you do good to those who do good to you, what credit is that to you? For even sinners do the same…… But love your enemies, do good, and lend, hoping for nothing in return; and your reward will be great, and you will be sons of the Most High. For He is kind to the unthankful and evil. (Luk 6:27-35)”
This is a radical statement and goes against our instincts of self preservation and human justice. But the revelation of the success of the cross shows us that we can afford to live these verses – to live them is to release His victory over the power of darkness. Darkness does not dispel darkness; only light does! And the outcome is not uncertain – light will dispel darkness! In times like these we can be so aware of “darkness and deep darkness” covering the people; but instead this is our moment! This is the time to arise and shine! The Light that we shine with is the light of the Gospel; the power of the cross and the power of the resurrection – we are no longer men living in the manner of men; we are sons and daughters of God; we are the peacemakers; we have been entrusted with the ministry of reconciliation!
Isa 60:1-3 Arise, shine; for your light has come! And the glory of the LORD is risen upon you. For behold, the darkness shall cover the earth, and deep darkness the people; But the LORD will arise over you, And His glory will be seen upon you. The Gentiles shall come to your light, and kings to the brightness of your rising.
2Cor 4:6 For it is the God who commanded light to shine out of darkness, who has shone in our hearts to give the light of the knowledge of the glory of God in the face of Jesus Christ.
God is persistent in his love and kindness; he does not give up on people – like in the parable He is standing and watching for the prodigals to return. We should not be like the older brother who thinks the prodigals deserve a dressing down; instead His joy is our joy – how great the joy in heaven over one sinner that repents!
Paul used to be known as Saul – he was a violent and evil man who persecuted the church and killed both women and children. Yet God was not reduced to disgust and despair; He was persistent in His love and revealed Himself to Paul. God wants us to see the Paul in Julius Malema!
Let’s pray that God will change our hearts first; that we will pray for Julius not only because we should & it’s the right Christian thing to do; but because our hearts are overflowing with the love of God!
Do not participate in conversations that badmouth him or speak evil of him; James wrote that the same fountain does not give salt water & fresh water; we cannot with one mouth bless and curse – notice how James links this: Jas 3:9-10 With It (our tongues) we bless our God and Father, and with it we curse men, who have been made in the similitude of God. Out of the same mouth proceed blessing and cursing. My brethren, these things ought not to be so.
The qualification for blessing is the fact that mankind was made in the image of God – NOT their conduct! The lost sheep and the lost coin still have the same value to the Owner; he never changed His mind about them and therefore rejoiced when He found them!
All this does not mean we are not allowed to speak-up against injustice & evil. The key however is to keep ourselves in the love of God; to respect and honor all men; to earnestly desire for them to come to the knowledge of the truth - the difference between judgment and discernment is love.