21 September 2010

God is liefde!!!!

"God is liefde
Juig ons harte
en bedink wat Liefde doen.
Dat Hy ons sy
Seun gestuur het
om ons sonde te versoen.

Hy wat eerste liefgehad het,
het in Liefde ons vergeef
nou kan ons uit God gebore
uit die bron van liefde leef"

Hierdie is een van my gunsteling liedjies. Maar die laaste ruk het daar iets in my hart oopgebreek oor die liefde van God.
Dit gaan nie vir God oor hoe lief ek Hom het nie, maar absoluut net oor SY LIEFDE VIR MY!!!!! 2000 jaar terug het God nie geweet wat my respons/antwoord op Sy uitnodiging sou wees nie, en nogsteeds het Hy sy Seun nie gespaar nie. My liefde was en is nie 'n voorvereiste vir Sy Liefde nie. Hy is Liefde,Hy het nie net lief nie..........

Joh 3:16 Want so lief het God "vir my" gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat ek wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Ek is oorwinnaar deur Sy liefde vir my

1Joh 3:1 Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!
Dis uit liefde dat ek nou Sy kind genoem word

1Joh 3:16 Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het

1Joh 4:9-10 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. WOW!!!!!!

1Joh 4:16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde;

Hierdie liefde is iets wat ons gaan moet leer ken en glo. Ons koppe wil so graag opreg iets vir Hom doen uit dankbaarheid. Maar ons kan heeltemal terugsit en God soos God laat voel, deur net te swem in die gedagte van Sy liefde vir my

1Joh 4:18-19 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Rom 8:38-39 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge, of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
In my elke dag se wandel, kan ek weet met oortuiging dat as Hy nie eers sy geliefde Seun gespaar het nie, ek bedoel, Hy het sy ALLES gegee! Hoekom sal Hy enige iets anders van my wil terughou?

Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

Geniet God se onvoorwaardelike liefde vir JOU!!!!!!


No comments: