Psa 27:3-5 Al word ‘n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan ‘n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.
Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.
Psa 27:13-14 o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie….
Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
Mat 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
(As ek net vaskyk in die negatiewe en dit my donker laat. En as my beeld van God donker is, hoe groot is my donkerheid nie????????????????)
Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
1Joh 1:5 En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
Jak 1:17 Elke goeie gif (geskenk) en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
Mat 19:17 En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God.
God is goed. God is aan my kant. As God vir my is, wie kan teen my wees!!
No comments:
Post a Comment