'n Nuwe jaar... Ek hoop dat hierdie jaar vir ons elkeen een sal wees wat ons onbewus sal wees van al die "dinge" en meer bewus sal wees van Hom in ons!!
Ek glo dat Jesus Homself in die mens wil openbaar aan die wereld. Jy sien, daar is 'n verskil om Jesus aan die mense te verkondig vs Jesus in die mense.
Vir die afgelope paar eeue probeer ons Jesus aan die mense verkondig. Jesus die man wat vir ons sondes aan die kruis kom sterf het. Jy kan deur om Hom aan te neem, deel word van die baie eksklusiewe groepie wat hulself Christene noem, en wat eendag hemel toe gaan. Ons gee met hierdie senario vir mense 'n "pie in the skie".... ons weet dis sleg hier op aarde,maar eendag sal dit met ons beter gaan,eendag sal al hierdie aardse verdrukkinge iets van die verlede wees. Maak net seker dat jy jou ticket het, probeer heilig leef al is jy 'n sondaar en byt vas my maat!!!!!!
Paulus se egter die volgende:
Col 1:26-28 the secret that hath been hid from the ages and from the generations, but now was manifested to his saints, (27) to whom God did will to make known what is the riches of the glory of this secret among the nations--which is Christ in you, the hope of the glory, (28) whom we proclaim, warning every man, and teaching every man, in all wisdom, that we may present every man perfect in Christ Jesus,
Christus in ons is die verborgenheid van die eeue. En ons werk, om elke mens perfek in Christus Jesus voor te stel.
Om Jesus in die mense te openbaar en te verkondig, is heeltemal iets anders as hier Jesus aan die mense. Nou kan jy iemand benader met Goeie Nuus. Jy is okay in God se oe, Hy het sonde geword sodat jy kan wees wat Hy is(2 KOr 5:21)
Hy het vir eens en altyd afgehandel met sonde en dink nie meer daaraan nie. Sy offer was volmaak, en jou goeie of slegte werke kan dit nie verander nie.
Sy begeerte is om woning te maak in die mens. Die volheid van Hom woon in ons. Die prys is vir ALMAL betaal.
Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jy is voor die grondlegging van die aarde reeds deel van Sy volmaakte plan,Hy het oor jou gedroom lank voor jy hier was.
Hy het dit alles gedoen sodat Sy volmaakte Koningkryk NOU op die aarde kan heers.
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Dis nie 'n uitgestelde hoop wat die hart siek maak nie, dis 'n NOU woord. Christus is nou in ons, en ons kan hierdie goeie nuus, dat Jesus Homself met die wereld kom versoen het deel.
Dit bekragtig mense om in hierdie lewe te heers,om nou te sien: die goedertierenheid van die Here. Nie eendag in die hemel nie nou!!
Ons was nie geskape vir die hemel nie, maar vir die aarde. Ons is hier as ambassadeurs van die KONING. Ons is sy verteenwoordiging op aarde, en Jesus was eerste. Jesus was nie 'n voorbeeld vir die mens nie, maar 'n voorbeeld van die mens!!! Ons kan hier wees soos Hy hier was en nog meer:
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Gaan geniet HOm in jou en streef om elke mens wat oor jou pad kom in Hom te sien, en te bekragtig met hierdie gedagte.