28 May 2009

Vrede

Ek is deel van 'n groep op Facebook naamlik " Die genade-brigade". Die meisie wat die groep begin het stuur daagliks stukkies uit wat my regtig seen. Sy snap iets van God se karakter en hart van die mens wat baie aansluitmet dit wat op my hart is. Daar om neem ek vrymoedigheid om vandag se stukkie met julle te deel.......

Vrede is iets wat in jou ontstaan wanneer jy ‘n openbaring kry van God se karakter. God openbaar sy karakter aan ons deur Christus se kruisdood. Hoe groter jou openbaring van wie jy in Christus is, hoe meer vrede word in jou bewerk. Ons het almal ‘n sekere persepsie van God. Elkeen se persepsie word deur verskillende faktore gevorm. Dit varieer van jou pa-figuur tot kerk tot mense, noem maar op. Die lewe het vir elkeen van ons ‘n bril opgesit waardeur ons die lewe aanskou. Ons is nie altyd bewus daarvan nie, daarom dat ons ‘n prentjie van God kan vorm wat nie noodwendig die waarheid is nie. Indien jy God deur ‘n bril van verwerping sou sien, sal jy mos nooit oortuig wees van God se aanvaarding nie. Of as jy ‘n bril van rigiede godsdiens op het sal jy nooit die vrymoedigheid hê om vir ‘n kopseer te bid nie. As jy ‘n bril van wantroue dra omdat jy soveel keer teleurgestel is sal jy God nooit werklik kan vertrou nie. GELUKKIG HET GOD AAN ONS DIE VERMOë GEGEE OM ONS PERSEPSIES TE VERANDER. (Jy het nie nodig om nou-nog vir jou ouers se foute te betaal nie)Vrede begin absoluut by die wete dat God te-“vrede” is met jou. Christus het reeds aan al die vereistes voldoen waaraan ek en jy moet voldoen. Jy is REEDS vir Hom aanneemlik. Om heilig te probeerl lewe gaan jou nie nog meer aanneemlik maak vir God nie, al dink ons so en al hoor ons dit in baie kerke. ‘n Heilige lewe sal deel word van jou sodra jy ‘n openbaring kry van God se karakter.Hierdie wete vorm ‘n pertinente persepsie van God se karakter in jou verwysingsraamwerk. Die vertroue wat jy in God se karakter het gee aan jou die vrede van God. God se vrede kan dus bewerk word deur die karakter van God te bestudeer en daarop te mediteer totdat jy daarvan oortuig is. Dan sal jy skielik ontdek dat God se vrede jou hart en jou sinne bewaar.