16 September 2009

God sit....!

Net so mooi skrif om te bevestig dat God klaar gewerk het:

Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God


Heb 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

Hoe cool is dit!!!! Die priesters mag nooit in die tempel gesit het nie, vir my dui dit op die feit dat hulle werk nooit afgehandel was nie..

God se werk is so volmaak dat Hy gaan sitplek in neem het langs God. Ons sit saam met Hom in hemelse plekke-

Ef 2:4-6 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, (5) ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— (6) en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Waarmee is jy vandag besig, om rond te hardloop voor God vir vergifnis, voorsiening ens...? Of sit jy saam met Hom?

15 September 2009

Sy genade is genoeg

As ons dan nie meer onder die wet is nie, wat is dit dan nou wat ons op 'n pad van "heilige lewe" hou, en maak dat ons sekere morele waardes het?

Natuurlik die Gees van God!! Die Gees oortuig ons, ondersteun ons en troos ons. Die Gees maak ook van GENADE gebruik.Vir baie is genade net iets wat gedefinieer word in ons kop, as dit wat ek kry in plaas van straf.
Hier is nou ietsie wat my opgewonde gemaak het:

Tit 2:11-14 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn (12) en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, (13) terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, (14) wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Jy sien Sy genade was nie net 'n behandeling van sonde nie,maar die finale volkome oplossing daarvan. Hierdie stelling gaan nie noodwendig die groep mense daar buite opgewonde maak wat nog uit self of eie poging geregtig voor God wil staan nie.
Maar as ons die volle werking van genade verstaan, kan ons uit die pad kom dat die Gees van God 100% deur ons en in ons kan werk.

Vir so lank probeer jy dalk hierdie een ding in jou lewe uitsorteer.... Al wat ek uit ervaring kan se is dat hoe langer jy self probeer, hoe minder gaan dit gebeur!!!!!!
Besef dat jy dit nie kan doen nie, en dat jy dit nie hoef te doen nie. Kyk eerder diep in die volmaakte wet van die VRYHEID en sien Hom in jou.
2Kor 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.


Hierdie genade is genoeg vir ons om enige iets te kan doen, en daarom kan ek in my swakheid roem, want Hy is meer as genoeg vir my!!!

Liefde