15 May 2016

Wie is God vir jou?



Elkeen van ons leer Hom ken. Elkeen stap Sy eie pad, maak sy eie besluite en dra sy eie gevolge.
Baie van ons ken Hom soos Hy vir ons voorgehou is deur iemand anders, ons ouers, jou pastoor of dominee, of ‘n goeie vriend.
Baie van ons het ‘n diep intense begeerte om Hom te leer ken, om werklik te weet wie hierdie God en Vader regtig is. Ek glo dis deur jou eie intieme ervaring van en met Hom wat jy Hom werklik leer ken. In jou seer waar jy Sy krag sien werk, in jou hopeloosheid waar sy Hoop die rots is. Ek kan net getuig en deel vanuit my eie ervaring, Sy track record in my lewe en huidige situasie is 100%!! Hy het Homself al oor en oor bewys. Maar tog elke keer, en in elke omstandigheid, sien ek meer van Sy karakter, ervaar ek meer van Sy hart. Sy intense liefde vir my, Sy droom oor my, Sy seer saam my, en Sy vreugde saam my.
Job deel hierdie waardevolle ervaring:
 Job 42:5  Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
Job 42:6  Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

Nou het Job self gesien en nie meer van hoorse gehoor nie. Nou kan hy uit sy eie ervaring deel en getuig,

Rom 10:6  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
Rom 10:7  of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
Rom 10:8  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

Niemand kan God se hart en Wie Hy is vir jou “bring” nie. Jy self gaan Hom leer ken. Naby jou is Hy..
Dis sy hart vir jou en my, intimiteit. ‘n Lewe in oorvloed, goedheid en guns wat ons volg al die dae van ons lewe. ‘n Hoopvolle toekoms, ‘n lewe van oorwinning, vrede, vreugde. Sy hart is dat jy kind is, nie slaaf nie. In slegte en goeie tye, bly Hy God, en bly Hy ‘n goeie Vader. Ek daag jou uit om Hom elke dag meer en meer intiem te leer ken.

Uit my ervaring van die laaste ruk, kan ek die volgende kom deel. Ek het een aand gedroom en in die droom was daar ‘n duidelike padaanwysing met die word Elysian daarop. Toe ek die volgdende oggend wakker word het ek die woord gaan google omdat ek geen idee gehad het wat dit beteken het nie, en nog nooit voorheen die woord gehoor het nie.
Dit beteken die volgende:
“perfect, peacefull, divinely inspired, delightfull, beautiful, blissful, creative, in grieks het dit verwys na “characters of heaven”, “a state of happiness which most people hope to enjoy”
Hierdie was Sy hart vir my in ‘n tyd wat dinge bietjie deurmekaar was, en toe ek daardie dag gaan lees kry ek die versie in Jes 62:2…; “en jy sal met ‘ n nuwe naam genoem word, wat die mond van die Here sal noem.” God het my “naam kom verander”. Hy wil intiem betrokke wees in jou elke situasie as ons Hom net sal toelaat en raaksien dat Hy intens belang stel in ons.
In Ps 45:1 staan die volgende - My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ‘n Koning; my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.

God het Sy hart die afgelope ruk kom deel met my en dan skryf ek sommer neer wat ek ervaar. Ek het gevoel om die volgende gedig te deel omdat ek voel dat dit Sy hart so duidelik vir elkeen van ons, in watter situasie ook al kom openbaar:

Broos
My Ego, my emosies
Breekbaar
My hart
Ontbloot, weerbaar
My wese
Doolhof
My denke

Maar in hierdie plek is Hy naby
Hier hoor jy elke asemteug
Jy voel elke klop van sy hart
Jy weet
Jy hardloop en word nie moeg
Ek kyk toe
In hierdie brose ontbloting ervaar jy lewe
Proe jy krag wat deur jou borrel
Vlieg jy hoog
Hier onthou jy wie jy was
Wees jy weer wie jy kan wees
Hier lewe jy, al le die seer nog vlak
Hier is jy heel al wil jou oog nie sien….

Laat jou evaring van wie God is vir jou openbaar word in elke situasie en omstandigheid. Sien Hom in die goed en sleg. Ervaar Hom in jou seer en jou vreugde. Voel Hom, proe Hom, sien Hom, hoor Hom.

Weet dis Hy, God met jou…


04 May 2016

LEWE!!



Ek is die laaste ruk gekonfronteer met my indentiteit in Chrisuts. Die leuen wil vir jou kom voorhou dat jy nie goed genoeg is nie, dat jy meer moet doen om God te behaag, om ‘n beter ma te wees, beter vrou te wees, alles net beter en beter.  Ek onthou dat vyand in die vorm van ‘n slang, ook vir Eva hiermee kom konfronteer het, toe hy vir haar baie subtiel met die leuen kom verlei het:

Gen 3:4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
Gen 3:5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Maar jy sien, ons weet al te goed dat God die mens in die vorige hoofstuk, na Sy beeld en gelykenis gemaak het. Hulle was, en is soos Hy. Hier kom Eva met haar beste bedoelings en eet van die vrug om soos Hy te wees.

Die vyand kom nie met leuens wat ons teologie en geloof “obviously” kom teestaan nie…Nee hy kom subtiel, hy gebruik jou eie “insecurities” en sogenaamde tekortkominge om jou te mislei oor wie jy in Christus is.

Ek lees ook Genesis van 2 bome, die boom van die lewe, en die boom van kennis van goed en kwaad. Dis ons keuse waar ons wil lewe, onder watter boom ons wil piekniek hou. Aan die een kant is daar die boom van die LEWE, God se droom vir ons, God se hart vir die mens. Sy liefde en RUS. ‘n Plek waarnatoe hy ons neem en neerle langs groen weivelde en vir ons ‘n tafel berei voor ons teenstanders.
Dan is daar die boom waar onder ons, ons heeltemal te veel bevind. Die boom van kennis van goed en kwaad. Hier is die hard werk, performance, doen!! Hier is tot ons beste werk goed, maar in die verkeerde boom. Ek glo dat al hoe jy onder hierdie boom operate, is deur jou prestasie te meet. Dis mos hoe jy sien wat is goed en kwaad. Hoe goed het jy vandag gedoen met jou humeur op die paaie? Wat was jou vlakke van geduld met jou kinders? Het jy by jou dieet en oefenplan gehou? Hoe goed of sleg, goed of sleg…… En wat wys die uitslae daagliks? JY KON BETER. Jy is nooit hier goed genoeg nie, jy skiet altyd tekort.
Maar hou moed, daar is goeie nuus.
Deu 30:19  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag..

Dis ons keuse vandag waar ons wil lewe. Ek kies om te lewe onder die boom van die lewe. Daar waar die volheid van Hom in my woon liggaamlik, in die skeur op die rots soos Moses. Daar waar daar geen veroordeling is nie, waar vrede wat alle verstand te bowe gaan my omring. Waar heerlikheid my vooruitgaan en Sy geregtigheid my agterhoede is. Daar waar ek geplant is langs strome van lewende water, waar ek vrug dra op die regte tyd, en wees soos ‘n boom waarvan diie blare nooit verwelk nie.
Dan sal ons wees ‘n aangename geur, sout vir die aarde en lig vir die wereld.

Wees geseend!!