04 May 2016

LEWE!!



Ek is die laaste ruk gekonfronteer met my indentiteit in Chrisuts. Die leuen wil vir jou kom voorhou dat jy nie goed genoeg is nie, dat jy meer moet doen om God te behaag, om ‘n beter ma te wees, beter vrou te wees, alles net beter en beter.  Ek onthou dat vyand in die vorm van ‘n slang, ook vir Eva hiermee kom konfronteer het, toe hy vir haar baie subtiel met die leuen kom verlei het:

Gen 3:4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
Gen 3:5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

Maar jy sien, ons weet al te goed dat God die mens in die vorige hoofstuk, na Sy beeld en gelykenis gemaak het. Hulle was, en is soos Hy. Hier kom Eva met haar beste bedoelings en eet van die vrug om soos Hy te wees.

Die vyand kom nie met leuens wat ons teologie en geloof “obviously” kom teestaan nie…Nee hy kom subtiel, hy gebruik jou eie “insecurities” en sogenaamde tekortkominge om jou te mislei oor wie jy in Christus is.

Ek lees ook Genesis van 2 bome, die boom van die lewe, en die boom van kennis van goed en kwaad. Dis ons keuse waar ons wil lewe, onder watter boom ons wil piekniek hou. Aan die een kant is daar die boom van die LEWE, God se droom vir ons, God se hart vir die mens. Sy liefde en RUS. ‘n Plek waarnatoe hy ons neem en neerle langs groen weivelde en vir ons ‘n tafel berei voor ons teenstanders.
Dan is daar die boom waar onder ons, ons heeltemal te veel bevind. Die boom van kennis van goed en kwaad. Hier is die hard werk, performance, doen!! Hier is tot ons beste werk goed, maar in die verkeerde boom. Ek glo dat al hoe jy onder hierdie boom operate, is deur jou prestasie te meet. Dis mos hoe jy sien wat is goed en kwaad. Hoe goed het jy vandag gedoen met jou humeur op die paaie? Wat was jou vlakke van geduld met jou kinders? Het jy by jou dieet en oefenplan gehou? Hoe goed of sleg, goed of sleg…… En wat wys die uitslae daagliks? JY KON BETER. Jy is nooit hier goed genoeg nie, jy skiet altyd tekort.
Maar hou moed, daar is goeie nuus.
Deu 30:19  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag..

Dis ons keuse vandag waar ons wil lewe. Ek kies om te lewe onder die boom van die lewe. Daar waar die volheid van Hom in my woon liggaamlik, in die skeur op die rots soos Moses. Daar waar daar geen veroordeling is nie, waar vrede wat alle verstand te bowe gaan my omring. Waar heerlikheid my vooruitgaan en Sy geregtigheid my agterhoede is. Daar waar ek geplant is langs strome van lewende water, waar ek vrug dra op die regte tyd, en wees soos ‘n boom waarvan diie blare nooit verwelk nie.
Dan sal ons wees ‘n aangename geur, sout vir die aarde en lig vir die wereld.

Wees geseend!!

1 comment:

Unknown said...

Amen Madelein!! Hierdie was verseker absoluut vandag vir my. Ek kies LEWE omdat ek goed genoeg is.