Elkeen van
ons leer Hom ken. Elkeen stap Sy eie pad, maak sy eie besluite en dra sy eie gevolge.
Baie van ons ken
Hom soos Hy vir ons voorgehou is deur iemand anders, ons ouers, jou pastoor of
dominee, of ‘n goeie vriend.
Baie van ons
het ‘n diep intense begeerte om Hom te leer ken, om werklik te weet wie hierdie
God en Vader regtig is. Ek glo dis deur jou eie intieme ervaring van en met Hom
wat jy Hom werklik leer ken. In jou seer waar jy Sy krag sien werk, in jou
hopeloosheid waar sy Hoop die rots is. Ek kan net getuig en deel vanuit my eie
ervaring, Sy track record in my lewe en huidige situasie is 100%!! Hy het
Homself al oor en oor bewys. Maar tog elke keer, en in elke omstandigheid, sien
ek meer van Sy karakter, ervaar ek meer van Sy hart. Sy intense liefde vir my,
Sy droom oor my, Sy seer saam my, en Sy vreugde saam my.
Job deel
hierdie waardevolle ervaring:
Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou
het my oog U gesien.
Job 42:6 Daarom herroep
ek en het berou in stof en as.
Nou het Job self gesien en nie
meer van hoorse gehoor nie. Nou kan hy uit sy eie ervaring deel en getuig,
Rom 10:6 Maar die
geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal
in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;
Rom 10:7 of: Wie sal in
die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
Rom 10:8 Maar wat sê
dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van
die geloof wat ons verkondig:
Niemand kan God se hart en Wie
Hy is vir jou “bring” nie. Jy self gaan Hom leer ken. Naby jou is Hy..
Dis sy hart vir jou en my,
intimiteit. ‘n Lewe in oorvloed, goedheid en guns wat ons volg al die dae van
ons lewe. ‘n Hoopvolle toekoms, ‘n lewe van oorwinning, vrede, vreugde. Sy hart
is dat jy kind is, nie slaaf nie. In slegte en goeie tye, bly Hy God, en bly Hy
‘n goeie Vader. Ek daag jou uit om Hom elke dag meer en meer intiem te leer
ken.
Uit my
ervaring van die laaste ruk, kan ek die volgende kom deel. Ek het een aand
gedroom en in die droom was daar ‘n duidelike padaanwysing met die word Elysian daarop. Toe ek die volgdende
oggend wakker word het ek die woord gaan google omdat ek geen idee gehad het
wat dit beteken het nie, en nog nooit voorheen die woord gehoor het nie.
Dit beteken
die volgende:
“perfect, peacefull, divinely inspired, delightfull, beautiful,
blissful, creative, in grieks het dit verwys na “characters of heaven”, “a
state of happiness which most people hope to enjoy”
Hierdie was
Sy hart vir my in ‘n tyd wat dinge bietjie deurmekaar was, en toe ek daardie
dag gaan lees kry ek die versie in Jes 62:2…; “en jy sal met ‘ n nuwe naam genoem
word, wat die mond van die Here sal noem.” God het my “naam kom verander”. Hy
wil intiem betrokke wees in jou elke situasie as ons Hom net sal toelaat en
raaksien dat Hy intens belang stel in ons.
In Ps 45:1
staan die volgende - My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor
aangaande ‘n Koning; my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.
God het Sy hart die afgelope ruk kom deel met my en dan skryf
ek sommer neer wat ek ervaar. Ek het gevoel om die volgende gedig te deel omdat
ek voel dat dit Sy hart so duidelik vir elkeen van ons, in watter situasie ook
al kom openbaar:
Broos
My
Ego, my emosies
Breekbaar
My
hart
Ontbloot,
weerbaar
My
wese
Doolhof
My
denke
Maar
in hierdie plek is Hy naby
Hier
hoor jy elke asemteug
Jy
voel elke klop van sy hart
Jy
weet
Jy
hardloop en word nie moeg
Ek
kyk toe
In
hierdie brose ontbloting ervaar jy lewe
Proe
jy krag wat deur jou borrel
Vlieg
jy hoog
Hier
onthou jy wie jy was
Wees
jy weer wie jy kan wees
Hier
lewe jy, al le die seer nog vlak
Hier
is jy heel al wil jou oog nie sien….
Laat jou evaring van wie God is vir jou openbaar word in elke
situasie en omstandigheid. Sien Hom in die goed en sleg. Ervaar Hom in jou seer
en jou vreugde. Voel Hom, proe Hom, sien Hom, hoor Hom.
Weet dis Hy, God met jou…
No comments:
Post a Comment