25 October 2016

God is met ons!

Vanoggend ry ek in die kar en die ou bekende liedjie speel oor die radio: 
What if God was one of us…….??

If God had a name, what would it be?
And would you call it to his face
If you were faced with Him in all His glory?
What would you ask if you had just one question?

And yeah, God is great
Yeah, God is good
What if God was one of us?
Just a slob like one of us?
Just a stranger on the bus
Trying to make His way home?

If God had a face, what would it look like?
And would you want to see
If seeing meant that you would have to believe
In things like Heaven and in Jesus and the saints
And all the prophets?

Ek ry en dink wat mense van Jesus sou dink as Hy vandag tussen ons gewandel het. Ons het Hom deur die jare al so verander, Hom so iets anders gemaak as wat Hy is. Ek dink nie ons sou Hom nie herken het nie, sou Hom dalk nie eers gevolg het nie. Hy sou al die verkeerde labels van hierdie wereld gedra het….Hy sou nie ingpas het nie, sou nie die “cut” gemaak het nie.
Hy sou dieselfde slegte reputasie van Sy tyd gehad het, wyn suiper en vriend van die sondaars. Sy eerste wonderwerk was om 680 liter wyn te maak vir ‘n troue waar die mense alreeds die heel aand wyn gedrink het, net om een storie te noem.
Hy het rondgeloop met ‘n baard, lang hare en geen werk, in ons woorde ‘n werklose, huislose boemelaar op die straat wat moes rigting kry.

Jy sien, hy was nooit ingestel op labels en wat mense gedink het van Hom nie. Hy sou vandag seker dieselfde gewees het as toe – Die Messias wat gekom het sonder ‘n groot “whoo haa”, wat mense gesoek het wat gebroke en seer was, alleen, siek en moeg vir die stelstels van die dag. Hy sou nogsteeds net met sy besigheid aangegaan het en dit was om die goeie nuus te bring, stories te vertel, mense van hulself te red, die blindes werklik te laat sien, om die gebrokenes van hart op te tel, en ‘n gunstige jaar uit te roep oor elkeen wat in kontak met Hom gekom het.
Ek glo nie Hy wou ooit in ‘n teologiese boksie geplaas word nie, maar ek glo Hy wil persoonlik ervaar word. Hy ken die “rock bottom” van ons elke dag. Hy is nie die preetse regter, harde hart, swart en wit God, wat mense vir ons voorgehou het nie.
Miskien is Hy net wie Hy is, en moet ons Hom so leer ken. Hy is nie lus vir doktrines en strikvrae nie. Hy is geintereseerd in JOU..
God was en sou vandag tussen ons net “real” gewees het. Geen verdraaiing van Homself nie. Geen korrekte verteenwoordiging van Homself nie. Net Homself soos Hy is... Net daar waar jy is, op die vloer, op die bed, in die kar, terwyl jy nagte wakker le , terwyl jy draf...Net waar jy is, hoe jy is...

Hy het gepraat met skares as dit was wat Hy wou doen. Hy het weggeraak alleen as alles te veel gevoel het. Hy was geirriteerd met die smouse in die tempel en het eintlik heeltemal Sy humeur verloor en hulle uitgesmyt. Nooit het Hy verby 'n sieke geloop sonder om te genees nie.
Sy tere oomblik in Getsemane wys Sy af tyd, Sy tyd van inmekaar stort, Sy "rock bottom". Waar Hy bloed gesweet het en op sy kniee voor God gesmeek het dat die beker verby sal gaan.
Dalk sou Hy vandag met hedendaagse medici, gediagnoseer geword het met een of ander geestelike versteuring, bipolar, of skisofrenie….Hulle sou Hom tien teen op medikasie wou plaas oor die stemme in Sy kop…

Ek dink my punt in alles is dat Hy mens wees ken en verstaan. Hy was een van ons, is een van ons. Hy ken lewe, hy ken die struggles en die battles. Hy is bewus van ons onsekerhede, ons agterstande en tekortkominge. Hy weet wat dit is om jou kop te wil stil maak as die reus se stem jou bly uittart.
Hy ken vrees en angs, Hy ken mislukking, Hy ken teleurstelling, Hy ken frustrasie, Hy ken stukkend, seer, platgeslaan, blydskap, vreugde, ekstase………Hy ken JOU.
Maar, Hy ken ook Sy Vader, en het die wete, die oortuiging dat ons in hierdie wereld is, maar nie van hierdie wereld is nie. Dat ons goeie moed kan hou, want Hy het die wereld reeds oorwin. Hy weet dat soos Hy en Sy Vader een is, is ons een met Hom.

Hou dus goeie moed, God is met ons!!