Genade word gereeld in engels beskryf as: “unmerited favour” of soos ons se, onverdiende guns…..Dis iets wat ons nie verdien het nie, en dan in dieselfde asem voel ons, ons moet dit nog kies.
Hier is die waarheid: jou keuse het NIKS met God se genade uit te waai nie.
Jou keuse het nie bepaal of Jesus aan die kruis sou sterf en vir die mensdom hul vryheid koop nie.
Jou keuse het jou nie die geregtigheid van God gemaak nie.
Jou keuse maak jou nie meer eksklusief of beter as die mens langs jou nie.
Jou keuse is nie iets waarop jy
Wat keuse aanbetref gee God jou nog die antwoord ook, so dis nie eers jou eie wysheid gewees nie:
Deut 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy
Net soos jy geen keuse gehad het in die feit dat Adam die vrug geeet het en die hele aarde onder die vloek van sonde gekom het nie, VEEL MEER het jy geen invloed gehad in die feit dat die hele mensdom deur die een Jesus Christus, geregverdig gemaak is.
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
Rom 5:19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
God het in Sy eie barmhartigheid en LIEFDE besluit en gesmag na eenheid met die mens.
Sy hart is jy, en Hy het van Sy kant af alles gedoen sodat daar nooit weer skeiding tussen mens en God hoef te wees nie. Daar sal geen meer verskoning wees vir skeiding met God nie.
Geen vertraging in ons gesprekke met Hom nie. Elke asemteug roep die naam van die Here uit.
Hoekom is hierdie punt belangrik?? Omdat ons nie eksklusief is nie. Ons het niks om in te roem nie, behalwe Christus nie. Ek
Wat bly dan oor? Word wakker!!
Psa 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
Jesus word nie weer gekruisig elke keer as individue die regte keuse maak nie.
Hy het een maal die volkome prys betaal vir altyd. Jy was reeds ingsluit daardie dag aan die kruis, voor jy dit besef het.
Vandag hoor jy dus die woord van God se genade en waarheid, en alles in jou word “wakker” en spontaan reageer jy met ‘n keuse vir iets of Iemand wat jou reeds voor die grondlegging van die aarde al eerste gekies het.
My reaksie is dus nie ‘n voorvereiste vir Sy genade of liefde nie, maar ‘n spontane, heerlike, gevolg van iets wat so resoneer in my hele wese. Woorde
James 1:25 The other one is mesmerized by what he sees; he is captivated by the effect of a law that frees man from the obligation to the old written code that restricted him to his own efforts and willpower. No distraction or contradiction can dim the impact of what he sees in that mirror concerning the law of perfect liberty (the law of faith) that now frees him to get on with the act of living the life (of his original design.) He finds a new spontaneous lifestyle; the poetry of practical living.
No comments:
Post a Comment