‘n Ander saak wat my hierdie laaste ruk in my kop besig hou, is ons konstante beswustheid van goed en kwaad. Ons konstante besig wees met reg en verkeerd.
In die begin:
Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Gen 2:16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
Gen 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Hierdie is so bekende stukkie wat ons almal ken, maar ek dink nie ons almal deurtrek na ons daaglikse lewe nie.
Om konstant besig te wees met reg en verkeerd ; goed en kwaad; veroorsaak dood. Natuurlik nie fisiese dood nie, maar ‘n tekort aan lewe in oorvloed.
Jy is dan heeltyd besig met “harde werk” en moeitevolle arbeid wat nie seen dra nie….
Ja daar is reg en verkeerd, maar as ons fokus LEWE is, sal die uitkoms meer as net “reg”wees!!
Ons, en veral ouers, soek net wat goed is vir ons kinders. Mag hulle hiermee speel, mag hulle daarna kyk, wat van superheroes, wat van dit en dat……. Boom van goed en kwaad……!!!!!
Ek doen nie alles reg nie, maar probeer regtig om eerder die “lewe” roete te volg. Wat is dan die lewe roete. Dis om in verhouding met God besluite te neem, sonder vrees of wet. Om te kan weet dat geen speelding meer outoriteit in ons huis het as Jesus nie.
Om te weet dat op ‘n seker ouderdom is seker films nie stigtend en opbouend nie, maar om nie uit vrees vir watter houvas dit op my kind kan he, te se jy mag nie dit kyk nie. Om eerder kids selfstandig groot te maak en te ondersteun met wysheid.
Ek glo ook dat ons die outoriteit van God in ons kinders onderskat. Kids het nie minder van God as ek nie. Die outoriteit wat jy as ouer het, is in elk geval nie jy nie, maar God in jou.
Dieselfde volheid van God is in ons kinders, en die lewe roete is om hulle daarvan bewus te maak, sonder om alles om hulle dood te druk en weg te steek.
Luister nou mooi, ek gooi nie my kinders vir die wolwe nie, ek glo dat hulle in die ouerhuise is om beskerm te word en in veiligheid en onskuld groot te word.
Ek glo egter dat ons dit kan doen vanuit die BOOM VAN LEWE en nie die boom van goed en kwaad nie.
Dis die lang roete, “the road less travelled by”. Maar ek weet dat die vrug op hierdie roete oorvloedig is, dat dit ‘n plek van waters van vrede en RUS is. ‘n Plek van vrede, veiligheid, heiligheid.
Hierdie is nie net vir ouers en kinders nie, dis vir ons elkeen wat moeg is van daaglikse struggle met reg en verkeerd. Ons wil so graag besig wees met dit wat reg is dat ons vergeet om besig te wees met LEWE, RUS………..
Besig met Hom, en nie die harde werke en pogings om Hom ‘happy’ te hou nie.
Ek weet nie of ek die hart van hierdie begrip met woorde oordra nie, maar die bottom line is, dat ek eerder besig wil wees met Hom as om besig te wees met die dinge(goed en kwaad;reg en verkeerd)!!!!
1 comment:
Ek kan nie met jou meer saamstem nie, dit is verskeker ook hoe Hy my wakker maak om in Hom te leef en deur Hom te kyk en om Hom in almal te ontdek en raak te sien, daar is nie 'n ander Lewe behalwe syne nie, maar hoe wakker is ons vir sien!! Great post!!
Post a Comment