Ek is besig met'n boek wat ek verskriklik geniet en regtig kan aanbeveel. Dis "The naked gospel" deur Andrew Farley. Jy kan dit gratis van die internet aflaai.
Elk geval, hy het iets genoem wat my nou al 'n paar dae laat wonder het, en net weer laat besef het dat ek nie kan bydra by Sy werk nie.
Lees gou weer deur die deel waar Eva in die tuin verlei word....
Gen 3:1-6 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? (2) En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, (3) maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. (4) Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; (5) maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. (6) Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
Altyd as ek hierdie stukkie hoor, dan dink ek hoe stupid Adam en Eva was om met alles wat hulle gehad het, die verkeerde besluit te neem.
Ek het nooit gedink dat hierdie dalk vir Eva na 'n goeie opsie gelyk het, en dat dit vir haar die opregte, eerbare ding was om te doen nie. Sy sou dan soos God wees as sy die vrug eet.
Haar "werk" sou in haar verwysing, haar nader aan God bring, haar meer in lyn met Sy roeping bring, haar wandel en gedrag soos God self laat lyk...................
Is daar nie honderde aktiwiteite vandag met opregte, eerbare bedoelings wat my gedrag en denke ens meer heilig wil maak nie.
Andrew stel dit so:
"While some view Christianity as a behaviour improvement program, the Eden story reveals that a desire for behaviour improvement was the cause of spiritual death."
In my opregte soeke na Hom hou ek myself besig met hierdie werke en pogings nadat God se,ek het jou in my beeld en gelykenis gemaak. Nadat God se dat die wet en my pogings, my nie volmaak kan maak nie.
Niks behalwe Jesus kan my heel maak nie. En die goeie nuus, Hy het dit reeds gedoen.
1Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Jes53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Ons kan vandag so besig raak om kennis na te jaag, dat ons ons eie harte se geroep na intieme verhouding met God nie hoor nie.
Ons kan so besig wees om onself te wil verbeter, dat ons Hom mis wat ons reeds verbeter het en vir eens met sonde gedeel het. Lewe en oorvloed is in Hom. Vreugde en vrede is in Hom. Voorsiening en beskerming is in Hom.
Hoekom wil ek bly verbeter as ek in Hom kan rus?
No comments:
Post a Comment