Ek spandeer nou al die laaste paar dae tyd aan hierdie onderwerp van lyding, om my gedagtes te orden en te weet dat dit wat ek hieroor te se het, in is lyn met die waarheid in my hart en die karakter van God.
Jy sien baie mense is oortuig dat ons nog in die vlees moet ly, soos Jesus, om gelukkiger, meer geseend en heiliger te wees. Ek kan maar net my hart deel en dan moet jy self die woord ondersoek en Hom vra om hierdie vir jou te openbaar.
Ek sien dit egter as volg: JESUS het reeds EEN maal gely VIR ONS!! Klaar afgehandel. Net soos siekte, tekorte, vloeke ens aan die kruis uitgedelg is,net so is die volkome lyding gedra en is dit my deel.
1Pet 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
1Pet 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
Toe ek hierdie volgende skrif gelees het, het ek 'n A-Ha oomblik gehad.
1Pet 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
1Pet 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
1Pet 4:1 Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
1Pet 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
Wapen jou met dieselfde gedagte......ons interpreteer hierdie deel dat ek soos Jesus ook in die vlees moet ly. Die gedagte waarmee ek my egter moet wapen is dat Christus vir my na die vlees gely het. Reeds, klaar vir my, sonder my!!
Ek moet so een word met Sy lyding vir my, met die volkome werk wat Hy vir my gedoen het, dat ek "die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God."
As ek lyding sien as my bydrae tot Sy volkome werk mis ek mos die merk. Ek dink in elk geval dat geen lyding wat ek en jy op hierdie aarde kan dra uit ons eie,genoeg sal kan wees nie. Ons is afhanklik van Hom. Ek moet my deel maak aan Sy dode en opstanding.
Ons uiterlike mens vergaan in elk geval daagliks, maar dit is binne wat ons van heerlikheid tot heerlikheid groei. Ons oog is op die onsigbare en nie die sigbare nie...
2 Kor 4:14-18 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel. (15) Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God. (16) Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. (17) Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; (18) omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Wat na my mening vir ons in hierdie lewe oorbly is die aflegging van die vlees, om onsself dood tereken vir die begeerlikhede van die vlees. As dit is wat jy lyding noem, dan is ons een van hart.
Rom 6:7-13 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (10) Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. (11) So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. (12) Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (13) En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Rom 8:17-18 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Ek is so een met Hom dat ek saam met Hom gely het, klaar, volkome!!
Die ander "lyding" is dit wat die vyand oor ons pad bring..
1Pet 5:8-9 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Hierin kan ons met sekerheid weet dat God aan ons kant is!!!
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Maar self met hierdie slegte omstandighede wat oor ons pad kom is ons meer as oorwinnaars!!!!
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
No comments:
Post a Comment