Vanoggend deel ek uit die oorvloed van my hart. Die goedheid van God en Sy hart oor ons, oorweldig my. Jy sien, God is aan ons kant, en ek kan nie verstaan dat die mens nog daaroor wil twyfel nie.
Ons was Sy plan en Sy droom. Sy Seun het Sy vaderhart kom deel daarin, dat Hy ons almal insluit in die volmaaktheid van die mens in Christus.
Daar is geen vlek en rimpeling in my nie, en my vrede kom net van Hom af.
Ek was so week en 'n half terug in 'n motorongeluk. Dit omtrent 'n week nadat ek 'n keuse gemaak het om ten volle te lewe in die vlak van intimiteit wat ek met God ken. (Alles minder as dit vir my, is om tweedehands te lewe) In jou daaglikse wandel met God en in die wereld, raak ons fokus gou iets anders en lewe ons nie in oorvloed nie.
Daar is 'n vyand wat enige iets sal doen om ons uit hierdie staat van heerlikheid te wil hou. MAAR:
Rom 8:31-39 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? (32) Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? (33) Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. (34) Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. (35) Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? (36) Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. (37) Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. (38) Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge (39) of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Hab 3:17-19 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— (18) nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. (19) Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
Hierdie is nie eers vir my 'n "nogtans" nie, maar 'n "in elk geval". Want maak nie saak wat nie, niks sal my skei van God nie!!
En dan wil ek die volgende met julle deel wat ek raak gelees het en my gebless het:
In Matt. 6 praat die Here van mense wat ‘n finansiële tekort het en die feite en realiteit in hul lewe is nie lekker nie.
Mat 6:31- 32
"Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. "
Die woordjie soek in vers 32, praat van “demand or crave”. Die heidene wat nie vertroue het nie en nie God se hart ken nie, hulle “demand” en hulle soek net meer. Dit is amper soos ʼn gierigheid en hulle soek net meer en hulle wil net geld hê en bymekaar maak, want hulle is bang vir môre.
MAAR:
Mat 6:33
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Hierdie woord “soek” is nie dieselfde as die vorige nie. Hierdie Griekse woord vir “soek” beteken: “to worship”.
Jy wat God soek en sy geregtigheid, al hierdie dinge sal by jou gevoeg word. Hoe moet ek en jy dan bid? Dit praat van ʼn ingesteldheid. Ek en jy moet ʼn ingesteldheid van dankbaarheid he en moet Hom begin aanbid vir wie Hy is en vir wie ek in Hom is en wat sy beloftes is, en ek moet hierdie grootheid van Hom “worship”. Weet jy wat sal gebeur? Sonder dat jy weet hoe, sal jy sien, maak hy jou paaie gelyk. Hy sê dit ook in Spr. 3:6 - Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Lekker geseende week
No comments:
Post a Comment