13 May 2008

Sy juk is sag....

In die tyd van Jesus Christus het 'n juk of "yoke", bekend gestaan as die spesifieke doktrine of teologie van 'n Rabbi. Dit was waarin hy sy bediening gespesialiseer het en wat almal wat hom gevolg het, geglo het.
Jesus kom dan en nooi die mense uit om Hom te volg, almal wat vermoeid en belas is. "want my juk is sag en my las is lig"!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; Mat 11:30 want my juk is sag en my las is lig."

WOW!! Sy bediening, woord, evangelie is sag en die las daarvan is lig. Wat 'n goeie nuus.

Rom 10:8 Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig

Hierdie waarheid maak vry en red ons van ons eie pogings. Geniet sy "juk" en deel dit want dit gee waarlik rus!!!

Beklee jou met hierdie juk en moenie toelaat dat die woorde van die wereld daarbuite jou identiteit bepaal nie. Hy is jou identiteit, in Hom het jy die lewe en dit in oorvloed. Moet nie op mense staat maak vir jou blydskap nie, dit kom NET van God af. Net Hy gee 'n vreugde wat die wereld nie kan gee nie, en ook nie kan wegneem nie.
In Hom het ons waarlik hoop!!!!!!!

Jer 17:5-8 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. (6) En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land. (7) Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. (8) Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

No comments: