15 April 2008

Wees stil en weet.....

Ek het laas week een oggend wakker geword met hierdie skriffie in my kop:

Ps 46:10 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Eintlik die liedjie wat ons altyd gesing het: Wees stil en weet, ek is die Heer!! Die woorde het konstant in my kop gemaal en het so 'n impak op my dag gehad. Ek het toe belsuit om bietjie te gaan kyk wat presies hierdie gedeelte beteken,en dit het my so geseen. Hoop dit beteken dieselfde vir julle!!

Die King James vertaal hom as volg:
Psa 46:10 Be still, and know that I am God: I will be exalted among the heathen, I will be exalted in the earth.

Ek het toe gaan kyk wat die Strongs se van die woord "still". (Ek is nie so slim nie, hierdie is alles inligting wat enige iemand in e-sword kan kry. Lekker manier van bybelstudie)

"Still" was vertaal uit die woord-
H7503
râphâh
raw-faw'

Dit beteken:
to slacken (in many applications, literally or figuratively): - abate, cease, consume, draw [toward evening], fail, (be) faint, be (wax) feeble, forsake, idle, leave, let alone (go, down), (be) slack, stay, be still, be slothful, (be) weak (-en). See H7495


Hulle beveel dit aan dat jy dan na die woord se oorsprong gaan kyk:
H7495
râphâ' râphâh
raw-faw', raw-faw'

Dit beteken:
A primitive root; properly to mend (by stitching), that is, (figuratively) to cure: - cure, (cause to) heal, physician, repair, X thoroughly, make whole.


WOW!! Ek wou toe ook net seker maak oor die woord "know':
"know"-
H3045
yâda‛
yaw-dah'

Dit beteken:
to know (properly to ascertain by seeing)
acquaintance
certainly, for a certainty, comprehend
familiar friend, kinsfolk, kinsman, (cause to, let, make) knowledge, have respect, be sure, of a surety, teach, (can) tell, understand, have [understanding],


Om Hom te ken, is nie net om te weet van Hom nie, maar om Hom werklik te ken asof jy Hom gesien het!! Om 'n vriend van Hom te wees, om seker te wees van Sy hart oor jou!
Dan in die kennis van Hom, kom jou stil wees, jou laat staan!!!!!!

WOW!! Die effek van om stil te wees en te weet dat God, God is het tot gevolg - cure, heal, physician, repair, make whole.

Om Hom dus waarlik te ken in elke omstandigheid en situasie, maak dat jy jou eie werke en pogings laat staan. Hy kom en maak heel, genees, vervul. Hy is alles wat jy nodig het en nog meer.

Wees dus stil en weet dat Hy God is!!!!!!!!!!!!

Baie seen en liefde
Madelein

3 comments:

Anonymous said...

Hi Madelein

Ek het vanoggend wakker geword met die liedjie,Wees stil en weet!
Dit het heeldag in my gemaal,ek het probeer uitwerk wat dit beteken,wil Die Here vir my iets se?
Ek het op google kom kyk en wonderbaarlik op jou boodskap afgekom! Jy sal nooit weet wat dit vir my beteken nie! Ek het my antwoord gekry deur jou.
Baie dankie!!
Weereens het God gebruik gemaak van 'n engel uit die Hemel uit om 'n boodskap oor te dra!

Jesus groete
Lanje

Unknown said...

Goeie More Madelein

Julle sal my nie glo nie, maar dieselfde het presies met my gebeur vanoggend. Die woorde het heeltyd in my kop gemaal en toe kom google ek. En hier kry ek jou boodskap. Baie dankie! Die Here werk in wonderlike maniere.

Prys sy Naam!!

Jesus groete
Retha

Unknown said...

Wow, die is 'n ou post! Wys jou die Here sal jou lei na die regte boodskap presies wanneer jy dit nodig het.

Ek het ook vanoggend wakker geword met die deuntjie in my kop, na 'n baie emosionele dag en aand gister.

Dankie Madelein dat jy die Heilige Gees toelaat om jou te lei om die boodskap oor te dra!