Ek het die afgelope paar weke net weer die Here se genade en die goeie nuus so in werking gesien. WOW is al wat ek kan se nadat ek weer verstom gestaan het oor die volkome werk van Jesus!!!
In Christus is ek 'n nuwe skepsel, my oue is verby!!! In Hom is ek NUUT.
2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Dit beteken soveel meer as jy sien wat dit in iemand se lewe kom doen. Om vir iemand met 'n slegte verlede te kan se, dat God nou net saam jou vorentoe wil kyk, en dat Hy geen behae het in jou verlede en al jou foute nie. Hy het vir ons gesterwe toe ons nog sondaars was.
Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Jy vang Hom nie onkant met jou issues nie. Hy is goed en Hy is God!!!!
As God vir Paulus se dat "my genade is vir jou genoeg", bedoel Hy dit. Die volheid van Hom is al wat jy ooit nodig sal he. Meer as wat in jou hart en gedagtes opkom is wat Hy in gedagte het vir jou.
Dit bring my by die volgende punt:
Jy het nodig om te besef wie jy is in hierdie lewe sodat jy kan heers in hierdie lewe.
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
Die koningkryk van God is nou hier en nie 'n eendag ding nie. Ons leef nie meer in 'n tyd wat ons net vir mense vertel hoe lief God hulle het, seker maak dat hulle hul hartjies vir Hom gee en dan los nie.(Dis nie sleg nie, maar daar is nog meer)
Ons is besig om koningkryk te vestig en dan beteken dit ook dat jy vir die persoon 'n "brood gee". Ons bekragtig mekaar en mense wat oor ons pad kom om self in die waarheid te kan wandel en om 'n verksil te kan maak daar waar hy elke dag is.
Jou sendingveld is nie noodwendig oor die see nie, maar jou uithoek van die aarde is waar jy is!!!! Jy is op jou bepaalde plek op hierdie bepaalde tyd. Ek kies nie om in SA te bly net omdat ek nie Sydney toe wil gaan nie, of net hier wil bly nie. Ek wil nou in SA wees. Hierdie is my uithoek van die aarde. Dis hier waar ek opereer in die koningkryk van God. Hier is waar ek heers en die goeie nuus van hoop verkondig. Nie die nuus van wanhoop en vrees nie. Nuus van liefde en nie haat nie. Ek moet dit kies, want my gedagtes en emosies word deur alles wat sleg is gebombardeer.
Rom 5:5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
Rom 15:13 En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!
No comments:
Post a Comment