Vandag se stukkie is nie net weer ‘n vaderhart lesing wat jou intelektueel gaan stimuleer, of jou gaan probeer oortuig van God se goedheid nie. Ek deel baie die laaste ruk oor die Koningkryk van God, ons heerskappy en verantwoortdelikheid om in verdrukkings ons heerskappy te bevestig. Ek is oortuig daarvan dat ons egter nie 100% in ons heerskappy in die Koningkryk sal kan wandel as ons nie volkome oortuig is van die Koning nie...
Ek is nie geleerd genoeg om elke teks in die skrif te kan verduidelik nie, ek is nie ‘n teoloog of ‘n skrifgeleerde nie. Ek is net ‘n kind van God!!!!!
Ek kan net my hart oor die Vader deel en die implikasie daarvan.
Moet daarom geen intelektuele afleidings maak nie, hoor net my hart..
Eerstens, ons beeld oor die 3 eenheid:
1 Joh. 2:1
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
Godsdiens het oor die jare reggekry om ons beeld hier te kom verdraai. Aan die een kant het ons hierdie Ou Testamentiese beeld van God die Vader wat gestraf het, streng was en wat slange onder die volk ingestuur het. Dit was ‘n God wat offers voor gebring moes word en die volk moes dan op die outcome wag, is Hy nou happy of nie. Ons sit met die beeld van God die Vader wat kwaai is. Hierdie heilige kwaai God wat net sit en wag, om te sien wie is nie op hulle plek nie. Daar was die hele tyd ‘n volk wat moes perform vir hierdie Heilige God
Dit was egter nie Sy hart nie en dit is hoekom Hy gesê het: “So gou as wat Ek hierdie skeidsmuur kan uitdelg en so gou as as wat Ek hierdie sonde uit die pad uit kan kry dat Ek verhouding kan hê, gaan Ek dit doen." Dit is hoekom Hy Sy Woord, Homself, gestuur het.
Hy bedink alreeds voor die grondlegging van die wereld om ons heilig en sonder gebrek te stel...
Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
Maar nou sit ons met hierdie Godsbeeld van die Ou Testament en sê ons dankie, want gelukkig het ons vir Jesus. “Liewe Jesus".
Ons het dus geen probleem om met die Heilige Gees en Jesus te “relate” wat sag en liefdevol is nie, maar God die Vader is ‘n ander saak, Hy is daar eenkant.
God is egter nie 'n gesplete persoonlikheid nie. Hy het Sy hart en karakter volkome in Sy Seun kom openbaar!
Nie net dit nie, ons sit met die dilemma van "daar staan geskrywe".(Selfs Jesus is deur die duiwel versoek met daar staan geskrywe)
Dit staan dan so in die ou testament. In my eie woorde kan ek dit net as volg verduidelik-
Ja, daar was 'n wet, wat mense gekies het bo verhouding met Hom. Ja, dit het straf ingesluit. Dit was egter nooit Sy hart nie, Sy hart was nog altyd verhouding met die mens.
Deut 28 is so goeie voorbeeld.(Daar is nog baie voorbeelde maar ek kan net so lank tik...)
Daar is in hierdie hoofstuk 2 kante...die seen en die vloek. As jy die wet onderhou en die regte goed doen, dan sal die seen in elke area van jou lewe oor jou kom. As jy nie die wet onderhou nie en die verkeerde goed doen, dan sal daar 'n vloek oor jou kom en jy gevolge dra....
Nou het Jesus gekom en JA die maak 'n reuse verskil. Jesus het die vloek geword sodat ek nie meer hoef nie!!
Gal 3:13-14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— (14) sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
En hoe kan ons dan al die "negatiewe" woorde in die ou testament "ignoreer" en net die positiewe woord vat? Skep ek dan nou my eie prentjie van God sodat dit my pas?
NEE!!
Jer 33:14-16 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda. (15) In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land. (16) In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Jes53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Jy sien, deur Jesus kon God die GOEIE WOORD wat Hy gespreek het nou vir eens en vir altyd in vervulling bring.
Daarom kan ek nou die "goeie woord" aanneem en die vloek en straf nie persoonlik aanneem nie
Tweendens: Hoe beinvloed dit my Geloof
Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloof het vir ons oor tyd maar weer 'n prestasie / performance geword, soos ons hele lewe. Ons wil die hele tyd nogsteeds perform en verbeter, meer bid meer meer meer.
Ons dink dis hoe geloof werk, ons kan die verdien as ons harder glo. Ons sal meer deurbrake sien as ons net harder glo......Dit is nie hoe geloof werk nie!!
Geloof is om te weet wie God is. Dat Hy is wie Hy se Hy is.
(Jesus was op aarde niks meer as wat ons nou is nie. Hy was nie een of ander “being” nie. Hy was mens wat net alles gedoen het wat HY Sy Vader sien doen het…)
Godsdiens het net klem gelê op geloof.
Gal. 5:6b Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
Sodra ons op geloof fokus, voel dit asof ons iets moet doen. Dan is dit voorwaardelik. Maar in die Grieks word daar verwys na: Geloof wat gegenereer word uit die liefde.
Ek lees hierdie volgende deeltjie van vriend van ons in Stellenboch oor geloof en liefde:
Toe Jacques klein was het hy op ’n tafel gestaan en wanneer ek verby loop, dan sê hy vir homself: “Hier kom my Pa, ek gaan spring.” Hy het nie 'n saak of ek balans het nie, hy het net gespring en ek moes hom vang. Hy het nie aan enige konsekwensies gedink nie. Hy het net geweet ek moet hom vang. Hoekom het hy dit met oorgawe gedoen? Kan ek sê dat Jacques so ’n geloof het, dat hy van hoë goed afspring sonder om te dink? Is dit geloof? Nee, as jy dit doen is dit "stupid", as jy nie gewortel is in liefde nie. Hoe kry hy dit reg? Hy staan op daardie tafel en hy sien my kom en hy weet, daardie man is lief vir my. Daar is ’n liefdesverbintenis. Daar is ’n liefdesverhouding en hy weet dat hy weet, dat ek alles in my vermoë sal doen dat hy nie seerkry nie. Hy is so intiem in my liefde dat hy nie eers aan vrees kan dink nie. Hy kan nie eers aan die negatiewe dink nie. Hy dink net daaraan dat ek hom gaan vang. Wat wek daardie liefdesverhouding? Vertroue, want dit is al waaroor geloof gaan.
Spring is nie eers een keer in sy gedagte nie. Die sprong is sy geloofsdaad, maar dit is ’n vrug, dit is ’n uitvloeisel van hierdie verhouding en hierdie liefde wat tussen my en Hom is. Dit is dus vir hom nie ’n “issue” nie. Dit is die verskil. Jy staan by ’n siekbed of jy het ’n finansiële behoefte en nou moet jy al die beloftes oor finansies en genesing ken en jy moet saai en jy moet maai en jou tiende gee, maar jy sink. Jy sien, jy is besig om met die eindproduk te karring en die kern, die liefdesverhouding en die vertroue is nie daar nie. Jy kan nie in geloof stap of ’n geloofsaksie neem as daar nie ’n vertouensverhouding is nie.
Liefde wek vertroue. Vertroue wek dat ek die Gees se stem hoor om vir my in elke situasie te sê wat ek moet doen. Dan doen ek dit outomaties, want ek weet dat Hy wat dit sê, daar is om my te vang. Ek kan dit net doen as ek die Pa se hart verstaan. Ek kan dit net doen as ek uitgesorteer is oor Sy karakter en Sy wil en plan vir my. As ek nie weet of Hy my gaan vang of nie, word geloof ’n “major” aksie.
Laastens die Liefde
Rom. 5:5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
Ons het nodig om so oortuig te wees van Sy liefde vir ons soos wat ‘n vrou wil voel dat haar man haar liefhet. Sy wil dit nie net hoor nie, sy wil dit voel. Ons weet dat Hy ons liefhet, maar ons is nie oortuig daarvan nie.
Jesus het 'n gesprek met Petrus oor die liefde...(ek het die griekse woord elke keer in hakies gesit.
Agape is God se liefde, onvoorwaardelik vir ons. GOD het nie lief nie, Hy is liefde..
Philyo is liefde tussen vriende
Joh 21:15-17 Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief (Agape), meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet (Philyo). Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
(16) Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief(Agape) ? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet(Philyo). Hy sê vir hom: Pas my skape op.
(17) Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief(Philyo)? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet(Philyo). Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.
Ons het nodig om 100% oortuig te word van Sy waarlike liefde vir ons, en wat ons liefde vir Hom is!!!! Is dit net 'n intelektuele verhouding in ons kop, of is dit 'n oortuiging in ons harte??!!
Net in intimiteit deur die Gees word ons oortuig
1 Kor 2:9-10 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
(10) Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Laat die Gees jou oortuig van Sy liefde vir jou die week!!!!!! Dit gaan soveel verander....
No comments:
Post a Comment