Ek is die laaste paar weke regtig gekonfronteer met 'n paar lekker dinge. Onderwerpe wat maak dat jy weer jou hart ondersoek....
Die lekker van die goeie nuus is dat dit goed bly, en nooit verander nie. Dit hoef nie elke week/maand met 'n nuwe openbaring of seisoen te kom om my opgewonde te hou nie. Die voluit daarvan en die impak op my lewe breek nog stukkie vir stukkie deur. Paulus praat van genade op genade.
Daar is obviously geen groter genade as dit wat Christus vir die mens kom doen het, en gratis vir ons voorhou nie. Maar groter genade is as dit meer en meer invloed op my daaglikse lewe het, en ek 'n groter manifistasie van Hom in my lewe sien.
Ek het weer bewus geword daarvan dat my waarde verseker nie bepaal word deur enige iets anders as Sy opinie oor my nie!!!!! My "goeie" dae, met sy goeie werkies beindruk hom nie.
Isa 64:6 and all our righteousnesses are as filthy rags;
Jy sien, ons beste pogings om ons stand of waardigheid te te 'verbeter' voor God is nie goed genoeg nie......... Nie omdat God spitefull is nie, net omdat jy reeds rein en heilig voor Hom staan
Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
My foute kan weer aan die ander kant, nooit weer skeiding bring tussen my en God nie. Hy is uitgemaak oor my, sy opinie oor my is vas. Ek is ingesluit in Sy Seun, die volheid van die Godheid woon in my liggaamlik. Hy het geword wat ek was sodat ek kan wees wat Hy is!!!
My uitkyk en denkwyse oor wat reg en verkeerd is mag nou maar vir eens en vir altyd die trekpas kry. In my intieme wandel met Hom gaan dit nie oor die boom van die kennis van goed en kwaad nie.Dis nie my fokus nie. Dit gaan oor lewe en oorvloed. In die tuin moedig Hy vir Adam hulle aan om nie die boom van kennis van goed en kwaad te bestudeer nie, maar die boom van die lewe.
Ons is hier om allereers die koningkryk van God te soek al die ander dinge is reeds bygevoeg. My fokus kan nou een wees van heerlikheid,dit wat daarbo is en nie dit op die aarde nie. As ek in die spieel kyk sien ek nie meer die tekortkominge en minderwaardigheid nie. Ek sien ook nie trots en 'n well done nie.Ek sien Jesus en word verander na dieselfde beeld.
Soos ek iemand hoor se in die laaste week, ons kan maar vir mekaar se julle kan maar doen wat julle wil. Ons sal verbaas oor wat ons doen............
Ons fokus op die reg en verkeerd laat ons uitmis op die heerlikheid deur net te wandel in Sy teenwoordigheid, met gedagtes wat Sy gedagtes is, en dan in elk geval die regte dinge te doen.
Moenie die krag van God in jou onderskat nie,ook nie die geloof wat God in jou het nie. Jy is meer werd as wat jy dink en waaraan jy jouself meet. Geen aardse poging of entiteit kan jou waarde bepaal nie.
Jy is Syne!!!!
No comments:
Post a Comment