Welkom by sela...Die slim ouens se dit beteken:"pause and calmly think about that." In musiek dui dit op 'n afwagting....!
En dit is my hart met die dagstukkies, of eintlik meer kuiertjies. Dis 'n geleentheid vir jou as ma en vrou om vir 'n paar minute te kan stil raak en net diep in te kyk in die spieel wat Sy beeld in jou weerkaats.
Ons lewens is so gejaag en tussen neuse afvee, kosmaak, doeke ruil ens, is daar maar min tyd wat in 'n dag of self in 'n week oorbly net vir jou.
Ek is self 'n ma van twee lewendige kleuters. Dylan word nou in November 3 jaar oud en Milla is nou 15 maande. Hulle verskil so met 21 maande, en ten spyte van al die vreugde en seen waarmee hulle my lewe inkleur, is dit maar party dae 'n hand vol.
Ek het egter in laaste ruk besef dat ek my hele gesin 'n guns doen as ek tyd aan myself spandeer, en veral net rustig raak by die voete van die Koning.
Die gedagte met die kuierplek is dat ons 'n milleue sal skep waar ons as mammas en vroue mekaar sal stig en troos en bemoedig.
Ek voel ook dat hierdie 'n plek gaan word waar ons as vroue mekaar gaan toerus en toelaat dat die Here ons toerus om vaardig en bekwaamd te staan in sy Koninkryk. Ek dink aan die woorde van daai liedjie van Alanis Morrisette wat uit Narnia kom. "I am a princess on the way to my throne, destined to reign, destined to rule!!!!"
Ek gaan poog om 'n vars boodskappie van hoop, vrede, vreugde of sommer net iets prakties so een maal per week te plaas.
Almal is welkom om kommetaar te lewer en selfs jul eie insette te gee.
Kom ons staan saam stil vir 'n paar minute 'n week en geniet dit wat Hy vir ons voorhou.
Ek sien uit daarna dat ons hier ons harte gaan kan deel en by mekaar gaan leer.
Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
No comments:
Post a Comment