17 February 2008

Jesus is nie 'n spook nie!!

Ek was sommer lus om hierdie week te deel oor omstandighede. Ons besef dat aan die hand van God se goedheid en karakter, Hy nie nodig het om ons lessies te leer deur omstandighede nie. Hy tugtig ons deur Sy woord en rig ons voetstappe.
Psa 119:105 U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.


Hy is aan my en jou kant!!
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

Ek het 2 weke terug 'n nuwe uitkyk gehoor oor 'n bekende gedeelte in die skrif. Ek las sommer my eie gedagtes by...
Mat 14:22-31 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. (23) En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. (24) En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle. (25) Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see. (26) En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees. (27) Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. (28) En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom. (29) En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan. (30) Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! (31) En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

Omstandighede kom verseker oor ons pad. Ons is dan so besig met die golwe en hoe ons alles wat gebeur moet hanteer. Is ons bootjie in orde, waar het ons verkeerd gevaar, en hoe het ons al die tekens gemis?????
As Jesus dan, wat die ware redding in die situasie is, na ons toe aangestap kom, herken ons Hom nie en dink ons dis 'n spook!!!!
Die antwoord in elke situasie is ons FOKUS. As ons ons oe op Hom kan hou, lig Hy ons uit bo die situasie. Dan kan ons soos Petrus op die water loop te midde van die storm.
Jesus se vir Petrus: "Kom!!" Hy glo in Petrus en in die potensiaal wat Hy in Petrus sien. Toe Petrus sink en Jesus vir Hom se dat hy kleingelowig is, het hy nie na Petrus se ongeloof in Hom verwys nie, maar na Petrus se ongeloof in homself!!!

God glo in jou!!!!!!!!!WOW

Sy begeerte is dat jy in alle omstandighede jou vreugde in Hom sal verkry. Hy gee 'n vrede wat die wereld nie kan gee nie en wat die wereld nie kan wegvat nie.

Ps 107:28-31 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. (29) Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. (30) Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. (31) Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.

Lekker week

No comments: