31 January 2008

Seen en voorspoed vir 2008

Uiteindelik kan ek die jaar se Sela stukkies afskop. My hart is dat hierdie jaar vir jou met soveel vreugde en vrede begin. Dat jy meer en meer bewus sal wees van Sy liefde en teenwoordigheid. Dat jy sal groei van heerlikheid tot heerlikheid en dat waarlik sal wandel in die vryheid waartoe Hy ons geroep het.
Hierdie vryheid het Hy met 'n duur prys vir jou gekoop. Ek dink nie ons besef 100% wat dit beteken om waarlik vry te wees nie. Ek het so rukkie terug in die kar een middag so ervaring gehad met die Here oor my vryheid....WOW!!!

Ek is vry van alle omstandighede en situasies. Enige sonde. Ek is nie meer 'n slaaf van enige iets nie. Die waarheid maak my vry

Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Ek is ook nie so bekommerd oor hierdie metode en daardie ou se teologie nie. Hierdie persoon serituele en die ander se administrasie nie. Hierdie vloek en daai bloedlyn issue nie.

EK IS VRY!!!!!!!!!!!!!!!!!
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees!!!!!!!

Natuurlik is hierdie vryheid nie my kaartjie om te doen wat ek wil nie. Ek is ook nie meer die slaaf van my vlees nie. Ek stel my hele lewe diensbaar aan Christus met een begeerte in my; en dit is dat Hy meer en meer gestalte in my kry.
Jak 1:25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Die "opdrag" is nie julle mag nie dit, of moet nie dat nie...... Die feite is dat ek die beeld van Christus aan hierdie wereld projekteer. Om vry te wees van die wet, en diep in te kyk in die volmaakte wet van die vryheid, word ek al hoe meer verander na Sy beeld.

2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Gal 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.


2Kor 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

Wees net versigtig vir mense wat nie hierdie vryheid verstaan nie, wat jou weer onder die juk van slawerny wil bring......
Gal 2:4 en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;


Hierdie ouens maak dat met ons kan gebeur wat met die gemeente in Galasiers gebeur het:

Gal 3:1 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
Gal 3:2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
Gal 3:3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?


Gal 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.


Geniet jou vryheid in Christus, en wees die Lig in die duisternis!!!

Liefde en seen
Mads

No comments: