03 December 2007

Identiteit

Ek het dit goed gedink om voor die einde van die jaar en almal se vakansie tyd, 'n laaste woordjie in te kry.

Ek het dit net op my hart om jou hierdie week te seen met die gedagte van wie jy werklik in Christus is.
Jy sien, daar is geen meer geheim oor wie ons werklik is nie. Ons identiteit in Hom is vas. Sy begeerte was om Homself te verteenwoordig op aarde, en die beste vorm daarvoor was die mens!! Jy is in Sy beeld en gelykenis geskape. Nog van altyd af word daar gepoog om ons van hierdie waarheid te beroof. Die vyand het in die tuin reeds hierdie waarheid aangevat.

Gen 3:4-5 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
Die ironie was, dat sy reeds in die beeld en gelykenis van God geskape was, EN JY OOK!!!

Sodra jy hierdie leuen glo, laat jy jouself kwesbaar vir omstandighede om oor jou te heers. In Christus is ons egter meer as oorwinnaars.
Hierdie "posisie" wat ons vervul, het God reeds voor die grondlegging van die aarde vir ons berwerk. Deur Sy seun se werk aand ie kruis het Hy meer gedoen as net die sonde van die wereld weg te neem, maar Hy het jou hierdie posisie in Homself kom gee. Die voheid van die Hom woon in jou!!

Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

Ef 2:4-6 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Kol 2:9-10 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

2 Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
(Hy het geword wat ons was sodat ons kan wees wat Hy is)

Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

Eks 33:18-23 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. (19) Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (20) Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. (21) Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. (22) En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. (23) En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

Mag jy in hierdie vakansie diep inkyk in die volmaakte wet van die vryheid en nie vergeet wie ons is nie. Geniet jou posisie langs God in die Rots(Jesus). In Hom is jy meer as oorwinnaar en heers jy in hierdie lewe.

Baie seen en liefde!!

No comments: