22 November 2007

Spontaniteit vs roetine

Ek het in hierdie week wat verby is, in ‘n gesprek die volgende stelling gehoor. Dit was dalk bietjie uit konteks van die gesprek, maar dit het my aandag so getrek en my gedagtes het 100km/h begin hardloop.
Die stelling was: “Roetine steel spontaniteit!!” WOW……


Ons is tog deesdae so besig, amper behep met die konsep van roetine. Verstaan my asseblief nou reg. Ek is verseker nie teen roetine nie. My kinders blom as daar roetine is, die huishouding is net in ‘n beter klas as alles in die spesifieke tydsgleuwe gebeur.
Veral toe my kiddies kleiner was, was dit my groot aanduiding en hulpmiddel om te bepaal waaroor die trane was. Honger en slaap was 2 van die groot faktore wat deur ‘n sekere roetine uitgesorteer was. Roetine het ook verseker baie goeie gewoontes in die Botha huis te wee gebring

My hart is egter nie geroer deur die feit dat roetnine verkeerd is nie, maar dat dit nie ons spontatniteit moet steel nie. Ek wil amper se, daar moet tye wees dat die middagslapies opgeoffer kan word vir die lekker gesin kuier. Pa mag maar soms in die aande vir boete uit die bed uit haal en nog so bietjie speel na ‘n lang dag by die kantoor.
Verrassings en uitsappies moet nie altyd afgestel word, oor dit nie by ons roetine in pas nie……..
My ouers bly in die platteland, en as jy daar vir iemand wil gaan kuier, hoef jy dit nie ‘n week voor die tyd te bespreek nie, en hulle val sommer so af en toe, sonder enige aankondiging by mekaar se huise in. Die kuiers is so gevul met vreugde en liefde, en eindig 9/10 keer op in aandete…
Ek weet ons hier in die stad se dae en programme kan nie heeltemal so spontaan verloop nie,maar daar is iets aantrekliks daarin.

Hierdie stelling: “Roetine steel spontaniteit!!” , het my so diep geraak, en ek net weer besef dat ons nie klein robotte groot maak nie, en dat ons nie 20 jaar van nou ons seepgladde ouerskapstyle gaan onthou nie, maar die spontane heerlikheid wat daar in ons interaksie was.

Laat roetine vir ons ‘n riglyn en hulpmiddel wees, en nie ‘n wet nie. Ons is vry om met spontaniteit ons gesinne te bestuur, kuiers met ons manne en vriendinne op te sit. Ons kan maar doen wat vir ons huishouding werk, en onsself nie noodwendig met ander te vergelyk nie.
Breek maar so af en toe die reels tot voordeel van jou gesin en wandel in wysheid.


Gal 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.


2 Kor 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Baie liefde
M

1 comment:

Anonymous said...

Mads, AMEN! Ek kan net beaam dat dit ook my belewenis was na die "BabyWise" kursus verlede maand. Ek het hierdie so geniet en dit is vir my opnuut 'n inspirasie om tydjies van onverwagse heerlikheid te verwag.
PS: Die son sak die week so mooi. En die maan is vol. Baie liefde. karina