Ek dink dat vir behalwe ons gedagtes wat ons vyand is, is dit baie keer die dinge wat ons sê!!! Ons besef nie altyd regtig die krag wat ons woorde dra nie!
Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
God het die hele skepping voortgebring deur wat Hy gesê het -
Ps 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
Ons het ook hierdie skeppende mag- Mark 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê.
Mark 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
Ons probleem is dat ons twyfel in die waarheid wat ons met ons mond bely, kyk wat sê Jakobus hieroor
Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Jak 1:7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
My boodskap is egter nie 'n negatiewe een nie, maar een van hoop!! As ons regtig begin besef dat ons met dit wat ons sê kan lewe skep in situasies. Dat ons kan seen eerder as om te vervloek :
(Jak 3:10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
Jak 3:11 ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
Jak 3:12 ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie. )
Ons kan werklik in geloof saam met God stem oor situasies en omstandighede, en dat ons in Sy lig die lig kan sien.
Ps 36:9 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
Met ons woorde posisioneer ons onsself in Christus waar ons veilig en in oorwinning staan. Ons bedink en praat die dinge van die koningkryk en nie dit wat op aarde is nie.
Ek besef egter dat ons konsekwent moet wees en moet volhard om te praat wat my hart is en nie wat my kop sê.
Dis nie positiewe denke nie, maar 'n lewe in geloof.
2 Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
Niks filosofies nie, maar gebasseer op die Waarheid!!
Laat die woorde wat ons die week praat gevul wees met seen, lewe en hoop. Waak om nie saam met die wêreld te praat oor omstandighede nie. Laat ons woorde geloof wek, en nie vrees nie!!
Seen jou gesin en jou kinders, en laat jou woorde hul opbou en bemoedig met wysheid en krag!!
Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
Liefde en groete
No comments:
Post a Comment