Ek is die heel laaste persoon wat ooit 'n metode "preek"!! Daar is net te veel : "5 stappe tot vrede", "10 stappe tot verhouding met God" daar buite wat klink soos 'n "get rich quick scheme" en wat meeste van die tyd nie vir almal in elke situasie werk nie.
Ek is versigtig om vir iemand te se maak sis of so en dan is alles reg........
Ek wil egter vandag my heel eerste "metode" deel. Iets wat baie meer as 'n metode is, maar 'n leefwyse.
Ons praat om prakties die koningkryk van God te lewe.
Jy sien, Jesus se die volgende: Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Ons het nie genoeg tyd in een dag om die koningkryk van God EN al die ander dinge te soek nie. In een van die vorige blogs het ek in detail bespreek wat al hierdie dinge is.
Dit is al die dinge wat oor my behoeftes gaan. Oorlewing om dit in een woord te probeer opsom. Hy se egter soek MY en al hierdie ander goed wat vir jou so belangrik is, wat jou oorlewing behels, is vir jou bygevoeg. Alreeds!!!!!!!!
Ek kan nie bekostig om my gedagtes daagliks te vul met my vrese, behoeftes, tekortkominge ens nie. As ons waarlik in oorwinning wil leef is daar 'n paar ander beginsels wat in werking vir ons moet tree......
Eerstens net om weer vas te maak, het ons gese dat Soek die koningkryk is Sy behoeftes!! Dit gaan oor Hom, intimiteit met Hom.
Nou my denke:
Mat 6:22-25 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
As ek reg kyk, my oog op Hom hou, is die hele liggaam reg. Mammon is my behoeftes. Ek kan nie 2 here dien nie, nie Sy behoeftes en my behoeftes nie. In een dag is nie genoeg tyd om Hom en die ander dinge te soek nie. Kwel jou dus nie oor jou lewe nie!!
Kol 3:1-2 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Hierdie skrif spreek letterlik vir homself, bedink dit wat daarbo is!!
2 Kor 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
2 Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
Prakties werk dit dan nou as volg vir my:
2 Kor 10:3-5 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; (4) want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, (5) terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
Sodra die gedagtes rakende my behoeftes opkom in my denke, kies ek om dadelik dit te vervang met gedagtes oor God.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
DIT WERK REGTIG!!!!!! Sodra ek my verwronge gedagtes inruil vir gedagtes van vrede, hoop, Sy lieflikheid en Sy hart oor my, verander my gemoed.
Prakties soek en eers dan die koningkryk en al die ander dinge word bygevoeg!!!!
Dit is so eenvoudig soos dit, so Heerlik soos dit.
Probeer dit gerus die week en smaak en sien dat Hy goed is!!
2 Kor 4:6-10 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. (7) Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. (8) In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie; (9) vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. (10) Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
1 comment:
Dit is 'n great metode, ek stem 100% saam met jou! Hierdie is waarlik goeie nuus, en 'n aansporing tot die beter hoop waarvoor ons geroep is. dit moedig my aan om soos Tim 2:22-26 te dink. Bless jou!
Post a Comment