05 September 2011

God is nogsteeds goed!

Dit gaan my verstand te bowe dat ons as kinders van die Here die goedheid van God moet verdedig, veral by ander kinders van die Here….

God is goed – “Ja Amen Hallelujah”

God is lig - “Ja Amen Hallelujah”

God is lewe en oorvloed - “Ja Amen Hallelujah”

Sondes is vergewe - “Ja Amen Hallelujah”

Sonde is nie meer ‘n issue nie –nee nee wag nou bietjie wat van…….

Ons sit in hemelse plekke- ???

God is vir my wie kan teen my wees -“Ja Amen Hallelujah”

God laat nie slegte goed gebeur nie – nee ons kan nie so se nie, hy vorms ons…

Ek is regverdig – neee eers eendag…dis nog ‘n harde pad van heiligmaking

God se hart is vir ons net dit wat goed is – ja, maar Hy praat met ons deur omstandighede

Dieselfde fontein kan nie vars en bitter water voortbring nie - “Ja Amen Hallelujah”

God beplan nie jou siekte en dood nie – nee, God het ‘n tyd vir alles

Ek kan nog vir ure aanhou met voorbeelde en LEUENS wat die rondte doen oor ons Pa. (Ek wil nie mense afmaak nie, want meestal is dit godsdiens wat ons hierdie uitsprake laat maak. Dieselfde as Job wat uitsprake gemaak het oor God het gegee en God het geneem, maar 30 hoofstukke later kom hy en HERROEP alles wat hy gese het:Job 42:5-6 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek en het berou in stof en as.)

Ek dink nie ek sal moeg word daarvoor nie, solank as wat ek lewe sal ek die goedheid van God verdedig indien nodig.

Jy sien, ek roep saam met Dawid uit:

Psa 34:8 Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Die goedheid van God word deur die eeue heen besing, aan Sy goedertierendheid is daar geen einde nie.

Sy CV by by is een van goedheid en guns. Alles is nie altyd nie rooskleurig nie, maar Hy is die een konstante wat vas bly staan. Hy is die een wat nie verander nie. Hy is die lig in my lewe en in Hom is daar geen duisternis nie.

Hy is my toevlug en my rotsvesting. Daar is by my GEEN agterdog oor Hom nie. Ek sal Hom nooit as ‘n verdagte sien in enige saak nie. Dis uitgeklaar, afgehandel en ‘n done deal in my hart dat God Goed is.

Hoe kan ek Hom vertrou, waarlik vetrou as ek Hom verdink vir die dood van ‘n geliefde, of die siekte ens….

Mat 6:22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.

Mat 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

As Hy, in wie jy kan vertrou, altyd met agterdog benader word? As dit wat lig veronderstel is om te wees duister is, hoe groot is jou duisternis nie?

Hierdie denkwyse het ‘n klomp implikasies.

Die beteken dat Sy volkome werk aan die kruis, werklik volkome was.

Dit was nie ‘n Jesus aan die kruis + my poging nie. Dit was nie ‘n Hy doen alles vir my, maar ek moet nou van my kant af die volgende doen om Hom te behaag nie. Dit wat ek doen kom uit ‘n hart van oorvloed.

God se hart is vir die mens, dat nie EEN sal velore gaan nie, maar die ewige lewe sal he. Sy prys is vir elkeen, ook die verkragter, moordenaar, egbreker en alkholis ens…..

Sy prys maak dat daar nie meer ‘n ons en ‘n julle is nie. Ons sy kinders en julle die wereld……

ALMAL is ingesluit in Sy droom, die hele aarde. Elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy God is. Sy werk aan die kruis was nie ‘n flop nie.

Adam se keuse in die tuin om te eet van die boom van goed en kwaad, en die outoriteit oor te gee aan die vyand, KAN NIE MEER SUKSESVOL WEES AS DIE WERK VAN JESUS NIE!!!!!

Voor die mens in Adam geval het, het God ons reeds in Jesus ingesluit.

Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;

Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?

Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

1 comment:

Sumanda Maritz said...

Net soos my kind nie verstaan hoekom hy nie elke dag lekkers en koeldrank kan kry nie, net so verstaan ek nie altyd wat die Here in my pad plaas nie. Dit beteken nie dat hy nie lief is vir my en net die beste vir my wil he nie.

Dankie vir jou boodskap. :)