23 July 2008

Loftus vir Jesus






WOW, WOW!!!!

Wat 'n tyd waarin ons leef. Ek is so opgewonde om deel te wees van wat gebeur huidiglik in ons land en eintlik wereldwyd.God is BAIE grooter as wat ons dink. Dit wat Hy doen is BAIE grooter as dit wat ons kan bedink of droom.



Ef 3:20-21 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, (21) aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Dit was ook die boodskap wat die dag gedeel is. Die dag het baie duidelik oor baie meer gegaan as Angus Bachan, Retief Burger, Louis Britz en Juanita du Plessis. Dis nie hulle wat 70 000 mense gelok het nie.... Dit was 70 000 honger vir Jesus mense!!!! Vir Sy teenwoordigheid, vir intimiteit met Hom en om te sien hoe Hy droom oor SA. Dis in elk geval hoekom ek daar was...

En as Loftus meer mens kon vat, sou daar meer gewees het!!!!!

Dit was so lekker om te sien hoe ons in eenheid kan wees met een doel / fokus voor oe en dis Jesus.
My hart is so opgewonde oor dit wat in die liggaam se hart begin brand. Dat dit ook tel vir SA. Ons is lankal verby die punt om te kla, om krities te wees, om negatiewe uitsprake te maak. Ons is dan, deel van die probleem.
Dis tyd vir die kinders van die Here om op te staan en hul gesag op te neem!!!! Te begin heers... Die verandering waarna almal smag, gaan nie kom deur die politiek nie, maar deur ons. Die herlewing gaan kom deur die huisgesin en nie die parlement nie soos Angus tereg gese het. Hou op om krities te wees oor politieke besluite en omstandighede in ons land en kry jou huis in orde!!!!


Ons is regtig nou in 'n tyd waar ons moet wandel in die geloof en nie die aanskouiing nie!!! Ons kan nie bekostig om ons ore uit te leen vir die nuus en negatiewe gesprekke nie. Ons kan nou net ons oe op Hom hou, vas staan op die Rots en juig vir die oorwinning wat Hy behaal.






1 comment:

Anonymous said...

Feel good......